Was jy al popbang? As jy al baie die wolf gelees het hier sal jy weet dat die wolf popbang is… Gelukkig het ek ‘n video op youtube gekry wat terapeties is. Een van my gunsteling ‘Cover-kunstenaars’ Elodie Adams het ‘n pragtige musiek video gemaak en in die video neem sy vir mense soos ek wat bang is vir poppe, wraak. En terwyl sy dit doen sing sy die liedjie Atom Bomb Baby van die rekenaar speletjie Fallout 4. (Die spelers onder julle kan gerus die speletjie probeer, dit speel af in ‘n post-apokaliptiese Amerika in die toekoms en dit is vet pret.)

Hier is die video. Geniet dit.