wat is die ouderdoms beperking
van ellende
is mens te jonk om dood te voel?
vigs babas wat huil
in pyn
terwyl tentakels van die dood
hulle omsluier
iewers in ‘n kleistad
vliee wat soos kommandos
op traan-etter sit
van ‘n dogtertjie
met ‘n obeeslose geswolle maag
wat dae lank nie kos gehad het nie
oogkaste diep

waar is ouderdoms beperking
in die middel van ellende?

wie bid vir die siekes en hongeres
maar bid eerder sotstories
oor harry potter

waar is ‘n god meer nodig?

(C) 2013 allen simpson

Foto deur Allen Simpson en Hanneliese Bredell, geneem te Pelgrim’s Rus 2015

Advertisements