‘Neem my op vlerke Engel, ek wil soos jy,  op duisend reënboë dans net soos jy’

– Anneli van Rooyen

Iemand het een dag vertel dat as iemand dood gaan word die persoon ‘n engel word. Ek weet nie waar die oningeligte dromer sy kennis vandaan gekry het nie. Daar staan niks in die Bybel oor mense wat engele word nie. Engele is wesens wat in mense kan verander en wat duiwels kan word… dit weet ek. Ek weet ook daar is vertel dat Satan God se mooiste Engel was, maar ander het weer beweer die duiwel het ‘n bokkop… wat is so mooi aan ‘n bokkop? Mense maak mekaar net deurmekaar.

Mense het ‘n obsessie met engele. Daar is Engele wat aanbid word en Engele wat gebruik word in toordery byvoorbeeld mense wat die aartsengel Gabriel oproep in een of ander abracadabra goël-dinges. Gaan Google of Wikipedia as jy my nie glo die, die snert bestaan. Die wolf stel nie belang in goël-dinges of om tot engele te bid nie. Nee, my liefde vir engele is om hulle te geniet in begrafplase, om hulle af te neem en te bewaar vir die nageslagte want daar is mos etters wat grafstene gaan verniel en hulle almal behoort in die tronk… geen respek vir die dood nie.

Ek hou van begrafplaas engele. Ons noem hulle Engele maar die bybel het ook nie vertel dat engele so lyk nie. Volgens die bybel het Engele vier koppe en meer as een paar vlerke maar ek gaan nie nou die verse opsoek nie, dis julle job. Ek weet wel dat die Sumeriërs ook in Engele geglo het eeue voor die Bybel geskryf is en hullle engele het soos mense met twee vlerke gelyk. Snaaks dat die Engel in ons begrafplase nie die vierkoppige bybelse monsters is nie, maar wel die Sumeriese mens-met-vlerk gedaanstes…

Wel, alles wat hier staan is my navorsing en as julle my kan verkeerd bewys asseblief deel met my julle links of bewyse. Ons almal leer by mekaar.

 

Groetnis my engele,

Die Wolf

 

© 2017 allen simpson

Advertisements