(Nota: Die gedig dra ek op aan my pragtige nefie Donnovan, een van die mooiste mense wat ek ken, die gedig gaan nie oor hom nie en oor hom, dit gaan oor ons almal)

ragfyn waar oë net blindlangs staar
lynne tussen elke siel
jy ken dalk iemand wat iemand (wat ek ken) ook ken
almal van ons gekonnekteermaar
ons haat en oordeel
ons sien net verskille
ons weier om te sien
hoe almal iets in gemeen het

en elkeen se God huil krokkediltrane

jy wat niks dink van jou naaste nie
jy wat niks dink van jouself nie
jy wat in die donkernag bid vir genade
verander
dan alleen verander jou wêreld
dan alleen leer jy lewe
kyk, tussen jou en my
‘n ragfyn draad
ons is gekonnekteer
vir ewig
al is jy ‘n vreemdeling in Hong Kong
‘n bosveldklong
‘n griekse godin op ‘n eindlose strand
‘n daggaroker in Amsterdam

ons is almal een onder die son
die maan
die hemel

verander…

(C) 2013 allen simpson

Die pragtige man op die foro is my klein nefie, Donnavan. Kyk ek spog oor al my broer Henry se kinders. Wonderlike kinders.

Advertisements