wasems van onthou
vorm druppels nou
dam in my hart
reën in my smart

daar is spore van verlange
op my wange
waar my onthou van jou kruip
tot dit in as verander
en wegwaai in die wind

en miswolke omvou my hart
‘n grafsteen van wasem
wat soms sal verdamp
tot eendag die reën weer kom

ek mis jou en dit breek my hart

(C) 2013 allen simpson

Advertisements