Ek sal jou neerlê
in die donkerte
soos ‘n lam
sal ek my offer
op jou altar
ek sal jou aanbid
weer en weer en weer
tot ek gil
en jou ‘n naam gee

Eva!

ek sal laat jy my vasbind
en my proe-proe verlei
en dan na-verlore raak
in die edelste vallei
ek sal jou hart aanraak
weer en weer en weer
tot jy gil
en jou tone lekker krul.

Eva!

Myne…

(c) 2017 Allen Wolfie Simpson