In my menslik gebore denke
praat alomteenwoordelike onverganklike wesens
en vee menslike dogma
met redenasie besems…
skoon.

En my liggaam word verlaat
deur die essence van my
die ether in,

hemels raak ek
gesalf met ether
‘n beker van volwaardigwording

‘n manipulasie van ether
ek is
maar net wat ek is
‘n kind van wolf totem
‘n seun van Die Aarde,
prys Haar heilige name…

Ek sal die Godin loof,
loof met my hele hart…

(c)2012 allen simpson

Nog ‘n ou gedig van my

foto geneem te Adam’s Calender, Kaapsehoop deur Hanneliese Bredell

Advertisements