Selfportret
Selfportret

 

Eendag was daar ‘n wolf in Fochville. Hy het met die oë van ‘n 44jarige kom kyk na die hospitaal waar hy gebore is. Hy het kom kyk na die huis waar hy gebly het vir twee jaar as kind toe hy 9 en 10 jaar oud was, toe hy en sy ouers van Glenharvey af getrek het.

Hy het onthou hoe hy ‘n voortekker was was (Dolfyntje) wat een keer ‘n week spoorsny gedoen het op skool. Hy het sy eerste soen onthou op tien, met ‘n pragtige donker kop met blou oë mt die mistieke naam Bianca. Hy het onthou hoe die buurvrou Tannie Ria vir almal in die straat elke dag Koedoe Biltong persent gegee het.

Hy het gekyk na die groot sekerheids komplek aan die einde van die straat en onthou dat daar ‘n reuse veld was vol plaas murasies en soms dooie honde wat in die veld gelê en stink het. Hy het onthou dat hy die maaiers naar aangekyk het en op nege besef het wat die dood regtig is.

Hy het onthou dat hy een aand by die huis gesit en huil het want al drie van sy broers was of in Angola of Suid-Wes besig om terroriste te vang en te jag en dat sy broers met hartseer oë soms huis toe gekom het en saggies gefluister het:”Pa hoe kan hulle dit aan hulle eie kinders doen, die fokken terries’.

Die wolf het baie dinge onthou. Dinge wat seer maak, dinge wat ook mooi memories bring… die wolf het alles onthou en sal alles weer vergeet wanneer hy terug is in Pretoria…

Fochville, dit was lekker om jou weer te sien, adieu…

(c) 2017 Allen Simpson

Advertisements