loop in my skoene
sit my bril op
alles is ‘peachy’
dis hunky-dory seisoen
dink jy

trek aan my baadjie
sit my sak op jou rug
my probleme is nietig
dink jy

jy kan dalk verdrink in my sorge
blindraak van my bril
my skoene sal jou tone
van pyn laat krul
niemand ken mekaar se pyn nie
kan net oordeel
en oordeel tel ‘n nul

wees eerder bly oor wat jy het
hunky-dory dae kan soos druppels
verdamp onder die son

(C) 2013 allen simpson

Foto: Allen Wolfie Simpson & Hanneliese Bredell

Foto konsep: Allen Simpson