loop in my skoene
sit my bril op
alles is ‘peachy’
dis hunky-dory seisoen
dink jy
trek aan my baadjie
sit my sak op jou rug
my probleme is nietig
dink jy
jy kan dalk verdrink in my sorge
blindraak van my bril
my skoene sal jou tone
van pyn laat krul
niemand ken mekaar se pyn nie
kan net oordeel
en oordeel tel ‘n nul
wees eerder bly oor wat jy het
hunky-dory dae kan soos druppels
verdamp onder die son
(C) 2013 allen simpson
Foto: Allen Wolfie Simpson & Hanneliese Bredell
Foto konsep: Allen Simpson
Julie 22, 2017 at 9:23 vm
Pragtig gestel,Wolfie….hunky dory kan vinnig verander.Ons is almal uitgelewer daaraan en dis iets waaraan mens niks kan doen nie.
Mal oor die foto…so kreatief!
LikeLiked by 1 person
Julie 25, 2017 at 12:01 nm
Dankie en dankie 🙂 Ek doen my grafiese kuns myself. En Ja, alles is nie altyd hunky-dory nie ne? My gedig se titel is geinspireer deur David Bowie se album ‘Hunky-dory’ wat in 1972 uit gekom het, die jaar van my geboorte
LikeLiked by 1 person
Julie 25, 2017 at 2:15 nm
Nou weet ek hoe oud die Wolwekind is..😉
LikeLiked by 1 person
Julie 25, 2017 at 3:46 nm
Ek is nie skaam om my ouderdom te erken nie, mense skat my al jare jonger en het so al bier gewen wanneer ek my I.D uithaal en bewys ek is 44. lol
LikeLiked by 1 person
Julie 25, 2017 at 5:07 nm
Haha ek wens ek kan dieselfde ervaring hê.Hulle gee by elke winkel pesioenarisafslag sonder dat ek vra! 😝
LikeLiked by 1 person
Julie 25, 2017 at 5:11 nm
Toe ek 21 was het die polisie my eendag gestop en gevra of ek skool bank. Ek was so vies want as ek na clubs en bioskope gegaan het moes ek my ID soms wys voor ek kon ingaan omdat sekere plekke nie onder 18s toegelaat het nie. Toe se ek vir die polisie, ‘Ja ek bank die skool vandat ek matriek geskryf het’ en druk my ID in sy gesig in hiehiehie
LikeLiked by 1 person
Julie 25, 2017 at 5:15 nm
Lol…die ergste is dat ek verlede week met ‘n jong man oor die foon gepraat het in my mooiste seksieste stem en toe sê hy vir my “tannie”.My waardigheid is totaal gekrenk en nou weet ek dat nie eers meer my stem my ouderdom wegsteek nie.😒😒
LikeLiked by 1 person
Julie 25, 2017 at 5:16 nm
Ai… ons kan net nie wen nie.
LikeLiked by 1 person
Julie 22, 2017 at 12:43 nm
Net so. Mens verbeel jou maklik dat ‘n ander se lewe beter is en word afgunstig, maar jy weet nooit wat die toestand werklik is nie.
LikeLiked by 1 person
Julie 25, 2017 at 12:01 nm
Absoluut waar Hester
LikeLiked by 1 person
Julie 22, 2017 at 8:41 nm
Baie goeie skrywe Wolfie. Dit verduidelik op ‘n manier die verskil tussen empatie en simpatie. Dieselfde trui pas nie dieselfde aan almal nie. Elkeen verwerk sy draadwerk op sy eie manier en niemand het ‘n clue hoe ‘n ander se breipatroon uitwerk nie…selfs met dieselfde patroon, naalde en wol nie…
LikeLiked by 1 person
Julie 25, 2017 at 12:02 nm
Mooi gestel Hanneliese. Jy vang my gedig se boodskap mooi saam
LikeLiked by 1 person
Julie 25, 2017 at 7:41 nm
🤗
LikeLiked by 1 person
Julie 24, 2017 at 11:59 vm
LOVIT! so waar!
LikeLiked by 1 person
Julie 25, 2017 at 12:04 nm
Dankie 🙂
LikeLike
Julie 28, 2017 at 12:42 vm
N pragtige beskrywing van die realiteit van ons onvermoe om te kan identifiseer met n ander se lewe en sy ervaring daarvan.
LikeLiked by 1 person
Julie 28, 2017 at 7:27 vm
Ons is almal soms te gulsig om empatie met mekaar te hê, nê. Dit is eintlik baie hartseer dat ons so raak. Dankie vir die mooi kommentaar, trommeltjie
LikeLike