‘Man is fully responsible for his nature and his choices.’ Jean-Paul Sartre

daar is ‘n pad vir elke siel
om te loop op die lewens wiel
(vir elkeen sal die wiel draai)
elke keuse is vir elke man
en het sweet bogger all met jou te doen

stap jou eie pad
hou op om ander se paaie dop te hou
daar is dalk ‘n krans by jou voete
en jy sal jou inmengerigheid dalk berou

daar is ‘n pad vir elke siel
‘n kompas in elke hart
vertrou ander om hulle eie lesse te leer
laat hulle groei
(en so groei jouself)
AS dit jou beskore is
om iets op hulle pad uit te wys
vra eers, want forseer jy iemand
groei niemand nie

daar is ‘n pad vir elke siel
en mag jy net geseend wees op joune
en ek op myne

jy het die volste reg om die skepper van jou eie eindpunt te wees
jy het die volste reg om raad te vra wie jy wil
jy het geen reg om enige siel te forseer om na jou pype te dans nie
en as jy probeer forseer, is jy sonder eer
is jy gemors.
Respekteer ander mense of…
of…

sien jou gat

(c) 2017 allen simpson

Groei. Leef. Liefde.

Advertisements