Het jy al gejeuk? Nie fisies nie maar geestelik. Iets wil iets vir jou vertel. Dit is soos om op ‘n stasie te staan en vir jou trein te wag. Jy weet die trein is oppad maar daar is ‘n swanger afwagting. Van my beste gedigte het met ‘n gejeukkery begin. Jy kyk of hoor stories en die muse in jou digter-siel maak alles wat jy nodig het vir jou gedigte bymekaar. Soos ‘n legkaart. Ek wonder of my muse my die keer op die stasie gelos het sodat ek die trein moet vang na haar toe. Ek wil soos Antjie Krog vir my muse vra: “Op watter stasie, my liefling, het jy my gelos.”*

Intussen skryf ek ander gedigte, ek het nie skrywersblok nie, maar ek weet die jeukkery wil iets spesifiek sê. As die jeuk verby is sal ek die gedig opdra aan Antjie Krog. Sommer net. Want sy is een van die lagkaart stukke in my muse se hand… blykbaar…

Ek het’n jeuk in my keatiwiteit. Het jy al een gehad?

(c) 2017 allen wolfie simpson

 

* Haar gedig ‘Stasie’ Uit haar bundel ‘Dogter van Jefta’