Nag roep, en wink met stille oë
sy fluister met Haar vloeiende stem
donker, is Haar diep geheime
pragtig, die Nag se sterrekoor

luister, Haar prag sluk jou in
iewers roep ‘n uil
iewers klop ‘n hart

Nag dans, by stil riviere
waar net water saggies neurie
van ou geheime in die wind
(die spasie tussen ons word kleiner)

luister, laat dit insink
iewers roep my hart
(joune klop terug)

daar is soene wat wag
en hitte wat wink
(neem my in)

(c) 2017 allen wolfie simpson
Vir Antjie Krog ( want daar was ‘n jeuk in my kreatiwiteit)