As elf-jarige kind was ek besonders lief vir die musiek van Sias Reinecke. Miskien omdat hy ‘n ‘local boy’ was, want ek het in Glenharvie/Fochville gebly en hy was in Randfontein, ‘n ‘local’ Wes-Transvaler. My ouers het geweet dat as Sias sing niemand aan die radio mag raak nie. Eendag het ons in die kar gery, dit was in Oktober 1982, toe die afkondiging oor die radio gekom het dat Sias Reinecke ‘n hartaanval gehad het terwyl hy op toer was. Hy was dood.

Die nuus het my elf-jarige hartjie gebreek. Klein Karoo en Sproeitjies sou nooit weer die selfde gewees het nie. En my gunsteling liedjie “Die Seewind Bring Heimwee’ het vir lank my net trane in my gesiggie gebring as ek dit gehoor het.

Die Seewind Bring Heimwee

Die see spoel oor die strande
golwe kom en gaan met die gety
my hart is vol verlange
die see wind bring heimwee na my
Aan jou dink ek gedurig
so bly jou liefde vir my
getrou, altyd en ewig
die see wind bring heimwee na my
skemer aande
stil verlange
is my bede
kom weer na my
aan jou dink ek gedurig
en so bly jou liefde vir my
getrou, altyd en ewig
die see wind bring heimwee na my
skemer aande
stil verlange
is my bede
kom weer na my
Aan jou dink ek gedurig
drome bring jou weer terug na my
my lewe, is vol verlange
en die see wind bring heim…
die see wind bring heimwee na my

Advertisements