Mooi nooi, ou nooi,
wieg in my arms vanaand.
Liefling, hart se sing,
hou my styf vas, hand in hand.

en as die koue winde waai,
en jou lang hare oor jou gesig saai,
en jou oog my parmantig nader wink,
en ek in jou omhelsing verdrink,
en as jou hart in my hande klop,
en tyd n oomblik van ewig stop…

dan is ek in jou verdwaal,
mooi nooi, ou nooi,
en jou lig lei my na verre sterre
en jou streel lei my op n swerwertog,
diep die nanag in,
ek lief jou my hartsgodin…

(c) 2011 allen simpson

‘n ou minnegedig van my wat ek raak gelees het vandag.

Prentjie gekry van romantiese muurpapier webwerf af