jy wat by my kamervenster weenroep
soos ‘n banshee in die donker nag
wat tak-vir-tak teen my venster klop
soos ‘n tokkelosgedrog wat wag

jy wat geen liggaam het nie
maar so teer teen my wang waai
jy wat geen mond het nie
maar praat om elke hoek en kaai

jy augustus wind, wat goëlklop
teen my dak in die nag
is terug na jare op die regte dag
waar was jy toe ek so verlang het

verlede jaar was jy in september
het jy dalk verdwaal?

(c) 2017 allen wolfie simpson

vir Ta’ Giepie Breedt. Dankie vir die inspirasie vir die een.