Ons Taal is ‘n lewendige taal. Maar ons skeep dit soms af. Ons vergeet van ons kunstenaars. Het jy ‘n al ‘n digbundel gekoop of ‘n boek om ‘n Afrikaanse skrywer te ondersteen. As jy na jou boek rak kyk en net Engelse skrywers se boeke in jou rak sien, is daar nie ‘n hartseer in jou nie. En koerante, waar in koerante sal jy hoor van flenterhartjies en bergstiltes. Joernaliste soek sensasie en saai soms paranoia en vrees, skrywers en digters soek net om jou siel aan te raak. Dus deel ek ietsie vir die siel. Want Afrikaans het mag om die siel te raak, het die mag om te praat op plekke waar televisies en koerante nie kan gaan nie. Afrikaans met mag is siel.

Kiewietjie
deur Antjie Krog

My flenterhartjie is gestelt
op rooi dun kiewietbeetjies in die veld
wat aaklig roep en soek na liefde
as ek in die prik-prik
van die dubbeltjies verstik.

Uit: Dogter van Jefta

-0-

Plaashek
deur Uys Krige

Plaashek
Bloedrooi die alwyn langs
die slingerpad.
Dis of daar vonke uit
elk vuurpyl spat.
Maar niks, niks roer nie…net
‘n luggie wat
skrams aan die ritselende grassate vat.

Daarbo die blou, blou lug,
daaronder die rivier
wat deur die boorde kronkel met
‘n groen swier.
Niks stoor die yle swewende
Bergstilte hier.

Na al die jare maak ek weer
‘n plaashek oop.
Waar het my paaie
tog nie geloop
Om my hier by ‘n hek te bring
van al my waan gestroop,
maar met my denke helder
en in my hart die hoop?

Die hek staan in die skad’wee van
‘n kremetart.
Die stilte in my’s volkome met
Niks troebels, niks verward.
Ek lig die knop…Ek maak
‘n hek oop in my hart.