So ek was weg? Hoekom?

My rekenaar het gebreek kort voor my verjaarsdag vakansie soos van julle weet. DIe aand hetsy nog gespin soos ‘n katjie en die volgende oggend was sy so dood soos ‘n klip. Ek het haar in gevat en moes letterlik geld uit my dorre woestyn van ‘n bankrekening op tower. Hoekom gebeur goed so random? Want…

Terwyl my rekenaar by die blik dokters was het ek nogsteeds weg gegaan met vakansie. Dit was darem lekker en het my gees gelig. Ek het my een broer na jare weer gesien en my sussie. Sy is amper gesond (onthou julle ‘n kar het haar omgery en haar voet is letterlik uitmekaar geskeer. Om haargesonder te sien met, wat ons nou ‘n bioniese voet noem, het my dankbaar gemaak. Hulle het letterlik van die bene in haar voet vervang met yster en plasiek of so iets. Ek is mos nie medies geinklineer nie.

Toe kom ek terug van my vakansie af en moes nog geld gee vir die blik dokters. Maar net voor my verjaarsdagis my rekenaar reg, of nuut… Sy het ‘n nuwe toring, nuwe CPU en amper nuwe alles. En net toe ek kon sug van verligting bliksem randomness my weer want…

My een broer is gediagnoseer met kanker… en kort daarna hoor ek my een oom wataan die weskus bly is oorlede. SO ek was weg. Weg van Facebook en my blog af. Ek moes net ‘n bietjie rustig raak. Net ‘n bietjie ‘n breek vat.

EK is terug, soort van. My muse is nog nie terug nie, Ek wag vir haar. Emosioneel is ek op ‘n goeie plek. Ek het aanvaar dat dinge soms gebeur en dat tyd alles op sy eie tyd heel maak of ons die krag gee om dit deur te werk. Maar die tyd van die jaar is ek poegaai en na die afgelope twee maande se kaf en drama is ek stil. EN wag. My muse is nog stom. Maar haar stem sal kom…

Wolfie

Advertisements