stillesag is die roepstem
ingeweef in die statiese dreuning
van die nou
minnesag fluisterings soos
‘n sag-rivier stroom
wink vir jou

laat die strate leeg en soek die plek
die een plek wat jy vir altyd onthou
die gisterplek van onskuldige geluk
die plek waar jy vry kan gees

want die nou is staties
soos ‘n reën van swart en wit
op ‘n televisieskerm
die nou is soos ‘n druppel gal
van ‘n jaag na wind
reik uit na jou wens, my kind

laat ons weer drome droom
oor wat ons geluk gebring het
laat ons die las afgooi
en daardie plek weer vind
reik uit na jou wens soos ‘n kind

(c) 2017 allen wolfie simpson