Soek

wolfshadowwhispers

'n venster na 'n ander wêreld

Maand

Desember 2017

Seisoen soene

2017 was ‘n moeilike jaar. Desember was soos om ‘n gas rol in ‘n horror fliek te hê. Eers is my oom dood, toe een van my vriende aan ‘n hartaanval. Die aand van sy begrafnis het ek gehoor ‘n vriendin wat skool gegaan het by die juweliers skool waar ek gewerk het, het haar eie lewe geneem. Ook die aand van Gareth se begrafnis het ‘n vriendin wat ek op sy begrafnis gedrukkie het verdwyn. Sy is ‘n week later vermink en dood gevind

Toe raak ek skaars hier op my blog.

Verplettered in my hart en siel.

Nou is dit kers dag en ek sit hier by my broer en suster. My hart voel beter. Niks soos die liefde van ‘n broer of suster nie. Ek voel geseënd. Ek is een van vyf kinders en almal lewe nog.

En ek dink aan die mense wat ek net as vriende die maand aan die dood verloor het. Ek dink aan broers en susters wat nou ‘n leemte het in hulle hart. Wat dit veel erger as ek het. Ek bid vir hulle. Ek bid vir krag en liefde. Ek bid vir kersfees soene vir elkeen wat seer het. Ek bid vir borrels glimlagte en ek bid vir vrede. Liefde vir almal.

WOLFIE xxx

Ns ek belowe sodra ek by die huis is sal ek julle almal se komentare kom antwoord. Liefde julle!!!!!

Advertisements

DROWNcember

adrift in a sea of goodbyes
so many I lost
amputated from all I held so dear
the summer snows ashes
and the soot covers my soul Continue reading “DROWNcember”

Powered by WordPress.com.

Up ↑