Dit lyk soos een van Net EK se ‘Random Gedagtes’ maar hier is dit…

Waar is die wolf? Ons het lanklaas van hom gehoor?

1. die wolf wonder self
2. Na Desember kon ek net nie my vingers op ‘n keyboard kry om vir my blog iets te tik nie.
3. Net EK het gese ‘Dit voel nie eers soos ‘n Nuwe Jaar nie.’ Sy is so reg.
4. Aan die einde van ‘n ou jaar voel mens uitgeput en as ‘n nuwe jaar kom voel mens nuwe krag en daar is ‘n wip in mens se stappie.
5. Die wolf voel uitgeput, Desember se trauma het sy batterye leeg gesuig en dit is nog op rooi.
6. Wanneer gaan ek recharge?
7. Depressie, jou siek moer. (Verskoon my taal)
8. Aan die positiewe kant, sit ek darem iets nuuts op my blog.
9. Aan die negatiewe kant moet ek nog ‘n paar kommentare hier terugantwoord en ek sal.
10. Ja, ek le nog maar ek sal weer opstaan. Kyk ek lig al my vingers, sien ek tik iets.

En dis dit…

vir nou…