nuwe jaar was dood gebore
soos ‘n baba dood gelos
op Schubart Park se speelgrond
nuwe jaar was blou
soos ‘n verwurgde bordeel werker
in ‘n rooilig distrik

nou is Januarie ook aan die sterf
en Kaapstad is glo in ‘n ander land
weg gegooi deur ‘n regerings lid
my land is suur melk
dit drup

daar is net dood
en vlug jy van t.v en koerante
kom die dood jou tuis soek
want my land is suur melk
waar polisiemanne met afgekapte hande

verdrink

(c) 2018 allen simpson

Notas:
eerstens is my gedig vir die polisie, nie teen hulle nie, lees baie
mooi.

Tweedens verwys die dood in strofe 3 na iemand wat ek ken, wat in
Desember laas jaar ontvoer en vermoor is toe sy pas van ‘n begrafnis
afgekom het, ‘n pragtige mens wat horibaal vermink en vermoor is.

Die verwysing na Kaapstad wat nie meer deel van my land is nie is
tedanke aan ons ‘welbelese’ minister Ayanda Dlodlo wat onlangs gesê
het: “South Africans living in other countries like Cape Town must
come back home in order for us to be able to help them.”

Vierdens is daar nog baie in die gedig wat U self kan analiseer.