Foto geneem by die Voortrekker Monument

Vandag is jou dag, ja jy wat hier lees. Vandag is jou dag om trots te wees want jy is ‘n Afrikaans-sprekende. Jy sien 21 Februarie is Internasionale Moeder Taal Dag. Dit is ‘n dag vir die beskerming en perservering van alle tale en Afrikaans is mos ‘n moeder taal, vir jou en my DIE Moeder Taal. 

International Mother Language Day‘ word al van die jaar 2000 afgevier, en ek het besluit om ‘n paar Afrikaanse kuns juwele hier met julle te deel om ons pragtige taal te vier. Ek waardeer Afrikaans-gesindes. Of hulle nou verkeerd spel of reg spel, elke woord wat geskryf word in my taal is ‘n bloed selletjie wat deur my are bruis na my hart, want iemand skryf my taal. Of ‘n tjotsi nou my taal praat en of ‘n ‘Ingels man’ met my in my taal in ‘n stotterende aksent praat, iemand doen moete om die pragtige woorde van my hart teken.

Hier is vier kunswerke in Afrikaans wat ek met julle deel, om my taal te vier vandag.

Ingrid Jonker – Toemaar die Donker Man (soos gesing deur Helena Hettema)

Koos Du Plessis – Sprokie vir ‘n Stadskind (En sommer Bettie Kemp ook)

Johannes Kerkorrel – Halala Afrika (Met beelde van ons pragtige land)

Casper De Vries – Die Afrikaanse woord “Mos” (met kleurige Afrikaanse Taal)

Ek het die vier videos sommer spontaan gekies. Is jy ook mal oor Afrikaans? Deel ‘n ietse van ‘n Afikaanse kunstenaarop jou Facebook, Twitter of jou blog vandag. Vier jou taal.

Maar ook, respekteer ander mense se tale vandag, dit is hulle moeder tale ook!

(c) 2018 Allen Wolfie Simpson*

*Alle videos van kunstenaars wat ek hier deel is die kopiereg eiendom van die kunstenaarsof hulle verteen woordiges. My woorde is myne 😉

Foto (c) 2018 Allen Wolfie Simpson en Hanneliese Bredell

 

Advertisements