Ek kan vir jou ‘n perde koets koop
en ons kan toer van hier na
Keetmanshoop

ek kan vir jou ‘n pou vang
en vir jou elke oog
van sy vere af knip

ek kan vir jou ‘n droom droom
en jou in sleep in die stroom
‘n liter melk skep
uit die melkweg…

maar hier is vir jou ‘n kakiebos, my stinkgog
want niemand sal aan dit dink nie
want ‘n roos is ‘n roos is ‘n roos
maar dit kan nie lekkerder as ‘n kakiebos stink nie.

(c) 2018 allen simpson
foto deur Hanneliese Bredell