Afrikaans is vir almal, en terwyl ek hier in my siekbed die pad na gesondwees toe rus dink ek aan die musiek van my kinderdae… Ek onthou hoe daar ‘n tv program was waar sangers gewys is wat in ouetehuise vir bejaardes gaan sing het, ek onthou hoe sangers op die Jakaranda-pers omringde Kerkplein gaan sing het by die Jakarandafees, Lucas Maree met sy pragtige lang hare by die Sammy Marks Museum op Rayton, Koos Kombuis by Oppikoppi…. 

Ek dink ook aan ons meester digters – Ingrid Jonker, Breyten Breytenbach, C.J. Langenhoven, Eitemal, Koos Kombuis, Andre P. Brink. Ons taal is ‘n skatkis vir almal…

Daar is nou ‘n nuwe geslag jong mensewat Afrikaans waardeer en hier is ‘n video van ‘n talentvolle jong man wat ek raak geloop het. Sy stem is pragtig en die manier wat hy Koos du Plessis sing is vol heimwee. Geniet die video en deel graag oor wat julle van die talentvolle jong man dink.

Foto geneem by Voortrekkermonument en is die kopieregeiendom van Allen Wolfie Simpson en Hanneliese Bredell

Advertisements