my snot en hoes het my dag verwoes
toe bel ek my pa met my kwelvrae
hy sê toe ‘Seun drink boeggoe en port’
ek gryp toe my grieplyf en is vort
– drankwinkel toe gewapen met geld
(in hoop om griep se kind te verdrink
met die konkoksie-raad wat my pa my gegee het)
die swanger meisie agter die till
het my aangekyk, seker gedink ek’s gepil
maar die boeggoe brandy en port op gelui
terwyl ek my hoes senuagtig wou verberg in my trui
ek haas my toe huistoe in my half-komawaan
gooi helfte boeggoe brandy en helfte port in my glas
stik my gat af vir die doepa se krag
vergeet sommer my griep in die skrik
bel en vertel my pa en hy vra is ek getik
want in my griepwaansin het ek vergeet
net ‘n teelepel boeggoe by ‘n halfglas port, jy weet.
Maar glo my ek was lekker getrip
en griep het hom sommer weggeskrik.

(c) 2012 allen simpson
‘n ware verhaal en onthou ‘n teelepel boeggoe brandewyn op ‘n halwe
glas port, nie helfte/helfte nie, behalwe as jy wil gevonk raak 😉

Advertisements