ek sit en kyk
goudvisse op Youtube
geketter soos ‘n wetter

ek dink aan jou

jou bleek lyf
soos die duine van antartika
jou hitte
so innig soos kaneel

in my hart voel
ek jou asem in my nek
jou satyn fluisteringe,
Kanaan

die goudvisse
word ‘n dans
‘n swanemeer…

jy is nog hier

(c) 2018 Allen Wolfie Simpson

Advertisements