‘n Ster skiet uit die hemel
soos ‘n prop uit ‘n
sjampanje bottel
my wense gryp sy stert
en hoeveel is dit werd?

… om te droom

om by jou te wees
styflyf vas te hou
tot woorde uit die binneste klou
om hulle te se terwyl ek bewe:
‘jy is my beste geskenk van die lewe’
net om…
my waardering soos ‘n profesie oor jou uit te spreek
terwyl my hart, week
en teer saggies teen jou klop
en my liefde breek deur jou dop
en wortel skiet in jou
en rank en aan jou rotswande klou
‘Ek is innig lief vir jou’
hees woorde
gees woorde
uit my hart se boorde

maar tot dan sit ek en verdrink
in ‘n see van sterre en verlange…

(C) 2012 allen simpson

So, vir twee weke was ons sonder internet (dankie Telkom, jou duiwelskjent) maar ek is terug, en in my afwesigheid het ek verlang, dus het ek die ou gedig met julle kom deel. Dis lekker om terug te wees. Wolf blessings vir julle.