in siel-mikroskope vind ek jou
sneeuvlokkie-uniek
en huiwerig tiek-tiek
my hart in die oomblik
as ek jou sneeuwit
gevries in ‘n moment
van gister onthou

daardie tyd
toe jy
met my
rose gesteel het
by die parlement se tuin
en ons in ‘n rooskombers
op ons ondekkingsreis
mekaar gevind het
jy, sneeuwit my donker siel
ontkloof het
my gesalf het met jou lippe
met jou tong deurboor het

…en jou mint smaak my palette
laat juig het

‘n simfonie van jou
jou instrumente gestel
en bladmusiek in my siel
geskryf het
sneeuwit op donkersiel
ek en jy…

(C) 2012 allen simpson

 

Vanuit my eerste digbundel ‘Tales From The Flow’