jy misverstaan my depressie
as ‘n aandag soek tegniek
terwyl ek stompel en struikel
in jou ongeleerde simboliek
ons wereld ‘n braakland
van meegee en selfmoord
en jy dink jy gaan kom
tot by ‘n hemelse poort

jy kort ‘n paar tips van ‘n samaritaan
wat jou verlies van empatie sal verstaan
jy leef in ‘n verlede wat anders was
‘n wereld waar jy ‘n koning kon wees
waar drie honderd rand, ‘n maand kon voer
maar die wereld het agteruit geboer
welkom in braakland, en vlieg in jou moer.

(c) 2019 allen wolfie simpson

 

Ja, ek is terug, my rekenaar werk en my internet ook. Weerlig is ‘n bliksem, letterlik en figuurlik.