Ek wil verdwaal by die grafte van onbekende mense
“hello” sê vir mense wat was
repek betoon en onthou dat hulle mense was
ook met splinters en balke in hulle oë
hulle vertel dat al het die wêreld verander
dit nog steeds dieselfse is
dat ons te arrogant is om te leer
uit hulle foute

Ek wil verdwaal by die grafte van onbekende mense
en hulle vertel dat al lewe ons
is van ons dood, walking dead zombies
wat blindelings voort fok
want ons weet nie wat op ons wag nie.

Meestal wil ek daar sit en bid
vir die ou Groot Gees in die heelal
vir Hom of Haar vra
vir wysheid

die mens, dom weet nie wat hy doen nie.

(c) Allen Wolfie Simpson