dis aand, 20:15, in my donker kamer
my kers dans skadus op my tafel
en beurtkrag bring stilte in my buurt
en buite disco die weerlig
en my selfoon is op sy laaste balkie
en sing ‘n Laurika, wat my
vertel, dat ek te dierbaar is
om seer te kry
en ek wonder of sy geweet het
haar liedjie praat net met my
en in die donkerte is geen afleidings
en jou brein is oop vir gedagtes
en gedagtes vat my terug
na – jy en ek, alleen
en die wyn op fort klapperkop
en in die donkerte speel die geheime
van gisters wat bioskoop in my kop
en ek mis die wyn en tabakzolrook
en die koraalboom by fort klapperkop
en ek wonder, onthou jy dit nog

(c) 2019 allen wolfie simpson

digtersnota:
2019/02/12 was daar beurtkrag en my foon se battery was so pap, dit was op sy laaste balkie. In die donkerte het ek gelê en dink en baie gedagtes was in my kop: Breyten Breytenbach se pragtige gedigte, Laurika Raugh se “Jy is te dierbaar om seer te kry” en Fort Klapperkop. Toe byt my muse my, steek ek ‘n kers aan en die gedig is gebore. Die vreeeslike lelike prentjie het ek daarna geteken. Ek kan nie teken nie, maar ek probeer. hahaha. Beurtkrag kan fantasties wees ook. Die gedig is ‘n produk van my verbeelding, maar ek het spesiale memories by Fort Klapperkop.

N.s. Die prentjie is ‘n homage aan Breyten Breytenbach se ‘Die Beginsel van Stof’ digbundel

Advertisements