gee my jou stompies
gee my jou as
want ek is jou asbakkie hart
gee my jou rook
jou smullende vuur
wat uitbrand in my bodem
want as tot as
sterf in my

ek sal weer skoon word
ek sal weer glinster
gewas word
en weer wag
want jou as vul my
al is dit al wat jy gee
want ek is jou asbakkie hart

jy het my nodig
en kan my nie vergeet
al word my waarde aan oorskiet gemeet
so gee my jou stompies
en gee my jou as
want al wat ek is, ‘n asbakkie hart

(c) 2019 allen wolfie simpson
glo dit of nie, die gedig is geinspireer deur Grey’s Anatomy