Nostalgie is soms ‘n wonderlike ding waarop jy kan ry soos ‘n golf. Jy onthou ‘n oomblik en ‘n glimlag krul om jou mondhoeke en jou mond blom oop en jy glimlag. Of jy onthou van ‘n wonderlike dag waar jy een van die dinge in jou lewe wat jy wou bereik het, bereik het en daardie onthou bring ‘n warmte in jou wat selfs ‘n koue dag in Antartika nie kan verys nie.

Maar dan soos vanaand hoor jy ‘n liedjie. Nostalgie klop aan jou deur en in plaas van glimlag brand ‘n traan druppel soos bitter als op jou oë se drumpels. Een fokken song. En dis nie slegte geheue wat borrel nie, die liedjie bring goeie oomblikke binne jou uit maar jy wil huil want daardie nostalgie verander in ‘n ‘heimween’. ‘N heimween is seker maar die beste woord om te beskryf dat jy verlang na ‘n era in jou lewe wat nooit sal terug kom nie.

En vir depressie lyers soos ek is heimween ‘n koudhartige tewerasie. Nostalgie kan seer maak. Die heimween lê soms swaar, soos ‘n klein hel op mens.

Maar heimween gaan verby. (Moet dalk daardie liedjie los vir ‘n ruk, net ingeval…)

(c) 2019 allen w. simpson
geinspireer deur ‘n Sondag aand heimween

En dit was nie die liedjie nie, maar…