Ek werk van die huis af, en vandag kan ek net nie werk nie. Dis koud in die huis. My gedagtes is ooral vandag… Ek dink aan:

  1. My Afrikaanse kortverhaal waarmee ek amper klaar is. Ek is te lui om vandag aan hom te skryf en ek moet net die einde skryf en ek weet wat om te skryf maar ek is soooo lui…
  2. EK dink aan die woude van Limpopo provinsie, hoe ek net wil gaan verdwaal in hulle vandag (en dit sal my luiheid wen). Maar hier sit ek in Pretoria… sugtened en verlangend.
  3. Ek dink aan my kinderjare toe ek blind gelaat was na ‘n ongeluk (Ek was 6) en hoe ek my visie weer terug gekry het. Ek dink aan hoe iets groter as ek my lewend gehou het in daardie donker tyd. EN my hart voel week want daar is kinders wat ook op ses blind geraak het en vandag is hulle 46 nes ek en nogsteeds blind…
  4. Ek dink aan my ma se melkkos en verlang na haar. En weet daar waar sy in die hiernamaals sit smile sy nou.
  5. En al is dit koud wens ek dit reën weer vandag. Sommer net. Want reën is my happy place.

En ek dink nog miljoene ander dinge, maar gee jou net 5.

Waaraan dink jy vandag? Is jy ook dankbaar dat jy iets oorleef het? Veralng jy ook na reën en woude? Het jy nog ‘n ma wat melkos kan maak? Wat is jou happy place?

(c) 2019 Allen Wolfie Simpson

Grafiese ontwerp: Allen Wolfie Simpson