Ek wandel die strate van Parys
en rus op die oewer van die Vaal
die bome dans ‘n wals van groen
in die wind

Ek sit en tuur op ‘n klip
in Groenkloof se reservaat
en wandel met die Zebras
in die bosveld se hart
en ek is weer kind

Ek droom drome oor Swartruggens
waar ek in ‘n murasie dans
en kyk hoe donkies
soos dronkies wei
in Bosveldwind

En ek dink en droom
aan ons tye saam
wanneer ons ons maskers laatval
en onsself is
en my innerkind

verlang

(c) 2019 allen wolfie simpson

Advertisements