Die Prys Van Vergifnis
Die Prys Van Vergifnis

Welkom by my storie Die Prys van Vergifnis, my eerste reeks verhaal in Afrikaans op my blog. Hierdie is deel 2. Vind Deel 1 hier. Neem kennis dat my karakter Dita, nie Afrikaans is nie, dus het ek haar sin ordes en taal aangepas om by haar karakter te pas. Ek hoop julle geniet dit. Lekker lees.

Die Prys van Vergifnis deur Allen Wolfie Simpson

(2)

Een oomblik”, sê ‘n vroue stem in Afrikaans met ‘n swaar aksent. Lesley probeer die aksent plaas, maar kan nie. Sy hoor voetstappe en die deur maak oop.

In die deur staan ‘n vrou, Sy is mooi gebou en het pragtige lang swart gekleurde hare wat haar seeblou oë komplimenteer. Sy het ’n blou denim aan en ‘n swart bloes met wit lelies geborduur op die linker bors. Haar vel is ‘n pragtige blas kleur wat, Lesley besef, min son sien. Pragtige hande met lang vingers, skoon lang naels. Een van die hande reik uit na Lesley.

Ek is Dita” sê die vrou. Lesley neem haar hand en skud liggies.

Noem my Lesley.”

Dita draai om, wink Lesley binne. Lesley volg haar.

Binne is die karavaan ‘n sagte grys geverf. En die sit-en-slaap area is lig bruin om by die donkerder bruin tafel te pas. Op die tafel rus ‘n pak tarot kaarte, en ‘n groot skulp vol kristalle. Leslie ruik die soet reuk van wierook oral in die karavaan. Sy verbeel sy ruik laventel en magnolia in die wierook-aromas. Die soort huiwer neus nostalgie wat in vertrekke hang waar daar gedurig wierook brand. “New Ager hippie of iets”, dink Lesley wanneer hulle teenoor mekaar gaan sit.

Dita reik uit na ‘n kassie langs haar en haal ‘n groot skulp uit. Binne-in is sigaret stompies en as. “Mag ek?” vra Dita en haal ‘n boksie sigarette uit die selfde kassie.

Lesley sluk verlig en knik haar kop. Sy haal haar sigarette ook uit haar handsak. Sy neem een uit en besef haar aansteker is in haar kar. Dita steek haar eie sigaret aan met ‘n vuurhoudjie. Sy hou die brandende vuurhoudjie uit na Lesley en Lesley leun oor en steek haar sigaret aan. Dita glimlag effens.

Vertel Dita die problem,” sê sy gerusstellend.

Meer ontspanne begin Lesley haar alles vertel van Ben, Arno en Shaun. Alles waaraan sy kan dink. ‘n Enkele traan borrel uit haar linker oog, meng met haar mascara en vloei ‘n swart paadjie oor haar wang. Dita luister geduldig, en soos ‘n professionele luisteraar knik sy haar kop simpatiek.

Die ding is, Dita, ek weet dit was my fout. Ek wens ek kon tyd terug draai. Ek wil nie ‘n pa en sy seun se verhouding op dons nie, en Ben… Hy gaan so seer kry. Ek was ‘n honger idioot. Ek weet nie hoe jy kan help nie…” Eindig Lesley haar verhaal.

Dita skuif agteruit in haar sitplek. Sy kyk Lesley diep in haar oë, en vir Lesley voel dit asof die oë diep in haar boor, tot in haar siel. “Daar is maniere om te help Lesley, maar jy moet bewus wees dat elke oplossing het ‘n prys.”

Lesley begin haar handsak oop maak. “Ek het geld…”

Dita skud haar kop. “Dit is nie wat Dita bedoel…” Sy sukkel om woorde te kry. “Dita bedoel geestelike prys. Vir elke aksie is daar reaksie, right? Jy moet iets… afgee?” Sy skud weer haar kop, “Nee, opgee… soos as jy jare lank tennis gespeel het en op jou… oudag met jointproblems sit. Jy verstaan? Dita se Afrikaans is nie goed.”

Lesley kyk Dita groot oog aan. “Jy verduidelik goed genoeg… Maar dit klink skrikkerig,” Lesley sluk bekommerd ‘n knop in haar keel af.

“Kom ons kyk wat oplossing ek jou kan gee, Lesley. Wat se tipe oplossing hoop jy voor?’ vra Dita sag.

“Vergewe en vergeet, soos jou bordjie buite belowe. Mens kan nie tyd terugdraai nie, maar, is dit moonlik om Ben, Shaun en selfs myself indien doenbaar, te laat vergeet dat daar ‘n affair was… Enige iets. Ek voel so sleg oor die probleme wat ek veroorsaak het tussen ‘n pa en sy seun, en Ben…” Lesley sluk swaar en sug. “Ben verdien beter as ek. Ek voel soos ‘n slang.”

Dita reik uit met haar linkerhand en sit dit teer op Lesley se arm. “Jy is nie ‘n slang. Jy is ‘n mens en mense maak foute.” Dita kyk diep in Lesley se oë en daar straal eweskielik ‘n ernstigheid deur haar tot is Lesley se siel. “Dita kan jou help maar die hulp wat Dita gee het drie pryse wat jy moet sacrifice. Vyf Duisend Rand kontant en dit is die maklike deel…” Dita stop om te praat en lig haar wenkbroue.

“Dis nie ‘n probleem nie. Ek het gister hier verby gery en vanoggend kontant getrek net vir ingeval. Ek het geld op my. Wat is die ander twee opofferings?” vra sy bekommerd.

“Wat Dita moet doen is un… onnatuurlik. Magic. Ek sal ‘n druppel van jou bloed moet gebruik.” Sy staar weer met haar intense oë na Lesley. “Dink ‘n oomblik hieroor, ek wag.”

Lesley voel asof haar skouers swaar word. Sy dink aan hoe sy as kind groot gemaak is om die bonatuurlike te verwerp. Maar sy onthou ook hoe sy as kind met ander meisies gegiggel het oor stories van die tokkelossie, en gegril het oor stories van kinders wat glasie-glasie gespeel het. Sy onthou ook Ansu wat in standerd agt vir almal Tarot Kaarte gelees het in die Tik Klas toe Juffrou Steyn die dag siek was. Dan onthou sy die seer in Arno se stem toe hy vir haar vertel het dat sy seun hom nou verwerp… Sy het nie ‘n keuse nie, Vader van Genade… Sy het nie ‘n keuse nie. Sy skud haar kop. “In for a penny…” dink sy sugtend.

“Okay, ek sal die druppel bloed gee… Wat is die derde prys wat ek moet betaal?” Vra Lesley sag. Dit voel asof dit nie sy is wat dit vra nie, iets in haar voel asof sy ‘n stukkie van haar siel verloor in die oomblik, asof sy ‘n onsigbare lyn oorsteek en dalk nie kan terugdraai nie.

“Dit was alles so ver maklik, die hardste deel vir jou is dat my um.. magic ritual vra dat jy alles onthou, hulle sal vergeet en alles maar jy sal hulle conscience… verwete?” Dita stop en soek die regte woord om te sê.

Lesley sidder. “Gewete…”

Dita knik haar kop. “Gewete, ja. Jammer om te sê maar relelationships is sacred en jy het twee van hulle seer gemaak. Die link tussen pa en seun en die link man en vrou. Toe jy getrou het het jy beloftes gemaak. Dita judge jou nie, maar beloftes is sacred. You messed up. Ek is drabarni… jy noem dit ‘n fortuneteller, en kan help maar net op die manier.”

Lesley kyk af na haar hande. “Drabarni? Wat se taal is dit?”

“Romany. Gypsy. Pa is Indiese man van Laudium, ma is gypsy.” Verduidelik Dita. “Anyway, jou gewete sal… manifest… in hallusinations elke nou en dan.” Dita vat Lesley se hande in hare vas. “Jy moet absolutely sure wees voor ons magic doen. You have an out. You can come clean. Sê jou man wat jy gedoen het en vertel jou lover se seun jy het met jou man gepraat. Dink hieroor.”

Lesley maak haar oë toe. Sy dink aan die skade wat aan gerig is. Sy dink aan hoe seer sy Ben sal maak as sy hom vertel dat sy op hom verneuk het. Sy voel skuldig. Die skuld gevoel is soos ‘n brander wat teen haar hart slaan en dit verpletter. “Wat het ek gedoen…” Dink sy. Is ‘n paar drogbeelde en ‘n druppel bloed nie beter as om haar man en twee ander mense se lewens op te dons nie. Arno en Shaun, die skade wat haar sekskapades gebring het sal vir altyd tussen pa en seun wees. Ben, sagte liewe Ben wat mense pro bono help met Doctors Without Borders, haar Ben wat haar soos ‘n godin aanbid en vir haar sorg, wat sy sterk arms so sag om haar hou… Nee, nee, nee. Sy moet hulle laat vergeet en die straf op haar neem.

Sy begin saggies huil. “Dita, ek is ‘n monster wat die prys moet betaal. Vat my bloed, laat hulle vergeet.” Haar stem bewe en sy is bly sy sit want alles in Lesley voel lam.

Shesti! Nonsens!” sê Dita en druk Lesley se hande liggies. “Listen. Jy is nie monster. Jy is ‘n normal person that made some mistakes. Ons fix dit, okay?”

Lesley wikkel haar hande los uit Dita sin en begin in haar handsak grawe. Sy vat ‘n snesie raak en druk-druk haar trane weg. Die snesie smeer swart van die mengsel trane en mascara.

Dita beduie na ‘n deur in die karavaan. “Gaan was gerus jou gesig, ek kry alles reg vir die ritual.”

Woordeloos staan Lesley op en maak die deurtjie oop. Binne in die kametjie is ‘n toilet en ‘n wasbak. Bo die wasbak is ‘n klein spiëeltjie geplak. ‘n swart handoek langs die wasbak. Swart soos haar sondes… Daar is ‘n half-deurskynende pers koekie seep wat ruik na laventel. Sy draai ‘n kraan oop. Maak die koekie seep nat. Sy seep haar hande in, maak haar oë toe, vryf geseepte hande oor haar gesig. Die reuk van laventel maak haar rustig. Sy staan ‘n rukkie so. Haar gesig geseep, toe-oog, en haal diep asem.

“Toordery…”, dink sy. “Wat word ek, as ek so diep sink om my probleme op te los.”

Sy haal weer diep asem, buk en begin haar gesig afspoel met water. Maar al word haar gesig skoner, voel sy binne in haar vuil. En sy weet dat ‘n deel van haar vir altyd vuil gaan voel oor wat sy gedoen het, en oor wat sy bereid is om nog te doen…

Hier is Deel 3

Advertisements