Die Prys van Vergifnis
Die Prys van Vergifnis

Welkom by my storie Die Prys van Vergifnis, my eerste reeks verhaal in Afrikaans op my blog. Hierdie is deel 3. Vind Deel 1 hier. en Vind Deel 2 hier. . Dit is die einde van my storie. Gaan Lesley die regte ding doen en die tower kuur vir vergifnis los of gaan sy die donker pad kies. Lees gerus en vind uit. Ek hoop julle geniet dit. Lekker lees.

(3)

Sy stap uit die badkamer en merk op dat die sit-en-slaap area nou anderste lyk. Die bruin tafel is oortrek met ‘n wit doek. Die Tarot kaarte is gebêre maar die groot skulp met kristalle is nog op die tafel. Daar is ‘n wierook-houer gekerf uit hout in die vorm van ‘n olifant en 3 stokkies wierook wat brand daarin. Weer ruik sy magnolia en laventel en ‘n ander krui wat brand, miskien sandalwood…of salie. ‘n Silwer mes lê op die tafel langs ‘n wit blaker met ‘n wit kers. Dita sit aan die een kant van die tafel.

Kom, sit,” nooi die sigeunerin kalm en beduie na die bankie oorkant haar.

Lesley gaan sit, ‘n aanvaarding begin deur haar spoel. Wat sy nou gaan doen is die beste uitweg. Sy glo dit. Sy maak haar handsak oop en haal ‘n wit koevert uit. Sy sit dit voor Dita.

Jy kan dit tel. Dit is alles daar.” sê sy amper soos ‘n robot. ‘N deel van haar voel asof sy buite haarself is.

Dita gaan nie tel, Dita trust jou” sê die sigeunerin en gee Lesley ‘n gerustellende glimlag.

Dita vat die silwer mes en hou dit uit na Lesley. “A drop of blood, please”.

Lesley voel effens naar en ‘n bleekheid skiet op in haar. Sy vat die mes en druk die lem teen haar duim. Sy besef eers hoe skerp die mes is toe sy die pyn deur haar vinger trek. Drie druppels bloed drup uit haar duim en val soos rooi robyne op die wit doek op die tafel. Sy kyk op na Dita.

Hou jou duim oor wit kers, Laat bloed op kers drup.” verduidelik Dita. “Ek gaan magic words sê terwyl jy dit doen. Hou jou hand oor kers terwyl ek chant.

Lesley hou haar bloeiende duim oor die kers. Bloed val op die kers.

Dita haal diep asem en begin haar toorwoorde sê in ‘n neurierige stem:

Pământ, puterea mamei, înclinată, deschisă

Vânt, putere de respirație, vindecare, deschisă

Focul, puterea care se distruge, se deschide

Apa, forța recuperatoare, se deschide

Deci, acolo unde Duhul Mare plutește

Deci, de asemenea, Mai jos, în cazul în care Marea Mama reguli

Deschide.”

Terwyl Dita die woorde gesê het het Lesley net gesit en luister na die vreemde woorde. Haar duim jeuk en sy kyk af na die wond en sy snak na haar asem. Daar is geen bloed op haar duim nie en die duim is gesond! Tog is daar bloed op die kers en die drie druppels bloed op die wit tafel doek…

Die sirkel is oop. Jou healing prove that the spirits will help you”, sê Dita tevrede.

Dita hou haar hande uit na Lesley. Sy knik gerusstellend haar kop. Lesley plaas haar hande in Dita sin.

We are one now, in this circle,” kondig Dita aan. Sy druk Lesley sa hande gerusstellend. “Nou moet ons hande vashou tot ek finish en klaar is, Lesley. Terwyl ek besig is gaan jy dalk weird voel. We are working with spiritual enegry here. Die tipe wat destinies change. Terwyl ek chant en alles fokus jy net op forgivenis. Fokus ook op die fact that Shaun moet vergeet. Is jy okay met dit?”

Lesley knik. Haar mond voel droog en diep binne haar bewe sy senuweeagtig “Ja…”

Okay, Lesley. Don’t be afraid. Jy is in ‘n sacred space. Jy is veilig hier. Begin fokus. Ignore my woorde as jy kan, you don’t understand Romany anyway. Just focus on what I told you. Now close your eyes, dear.”

Lesley sluit haar oë toe en Dita begin chant. Die woorde klink soos ‘n pragtige eksotiese rivier van klank. Sy begin dink aan hoe sy hoop Shaun en Arno vergeet van alles. Sy hoop Arno vind nooit uit nie. Sy hoop vir vergifnis. Sy voel hoe ‘n statiese energie van Dita se hande na hare vloei, hoe die energie in haar stroom, deur haar hande en arms, tot na haar borste, deur haar hart, haar ruggraat en tot in haar vroulikheid. Snaaks genoeg voel sy nie bang nie. Sy voel asof sy genees word van iets. Sy voel ook asof alles in haar en om haar, en alles in die wêreld gekonnekteer is. Toe sy daaraan dink voel sy eweskielik hoe die energie stop en hoe Dita haar hand sagkend druk.

Jy kan jou oë oopmaak. The spell is done,” sê Dita sag.

Lesley maak haar oë oop.

Hulle twee het vergeet. Ben sal nooit uitvind nie.” sê Dita tevrede.

Dankie Dita. Dankie…” Lesley voel ‘n dankbaarheid in haar en asof ‘n berg van haar af gelig is.

They will still remember you. Jy is ‘n art student by sy studio, maar die seks is vergete.” verseker Dita haar. “But…” Dita los Lesley se hande en maak ‘n biddende teken met hulle. “Remember, die derde prys. Jy moet betaal vir die spel. Die spirits gaan hallusinations na jou stuur. For the rest of your life. A reminder that you broke a sacred promise.”

Lesley sluk ‘n knop in haar keel af. Sy skud haar kop. “Ek verstaan…”

Daardie aand verras Ben haar. Sy is besig om radio te luister. Hy is vroeg terug van Puerto Rico af. Sy snak dankbaar na haar asem as hy in die deur staan van hulle kamer.

Les…” sê hy sag. Hy laat val sy bagasie en loop na haar, neem haar in sy arms.

Sy voel die hitte van sy liggaam tot in haar siel. Sy maak haar oë toe en druk hom stywer vas, prewel sy naam. Sy dink aan Dita se towespreuk en ‘n skuldige gebed skiet in haar op dat alles regtig vergete is… Dan speel daardie liedjie op die radio, die selfe liedjie wat gespeel het buite Dita se karavaan. ”These arms of mine, they are lonely, lonely and feeling blue” Dit klink spokerig skielik en sy sidder. Sy maak haar oê oop, kyk oor Ben skouer en kan tot in die badkamer se spieël vaskyk. Wat sy sien versteen haar.

In die badkamer se spieël is dit nie sy wat Ben vas hou nie, maar ‘n geraamte in haar rok, met hare wat soos haar styl lyk maar dit is vervalle en mot-gevreet. Haar geraamte hand in die spieël lyk asof dit in Ben in kloof.

Les. Wat is fout?” Vra Ben besorgd. Sy ruk haar blik van die spieël af. Stoot hom saggies weg.

N…niks nie, my Ben…” stamel sy. Hy kyk teer haar in die oë vas. Sy hemelsblou in haar groen.

Is jy seker?” vra hy.

Jou net sooo gemis” sê sy bleek. Sy kyk af na haar arms en dit lyk normaal, dan kyk sy in die spieeël. Haar geraamte kyk na haar. Die oë in die spieël is glaserig en bloei.

Sy onthou Dita se woorde: “Remember, die derde prys. Jy moet betaal vir die spel. Die spirits gaan hallusinations na jou stuur. For the rest of your life. A reminder that you broke a sacred promise.”

Sy val neer. Die prys van vergifnis, besef sy, is ‘n vloek… Sy besef nou hoe hoog die prys is van vergifnis is as dit deur toordery verkry is. Sy hoor Ben gil en ‘n pyn skiet in haar linker arm op. Sy is besig om ‘n hartaanval te kry. Alles om haar word swart. Swart soos haar sondes…

Swart…

Die Einde

© 2019 Allen Wolfie Simpson

Skrywers Nota:

Maande gelede in Oktober 2018 hoor ek ‘n liedjie speel. These Arms of Mine gesing deur Otis Redding. Die liedjie bly maal in my kop en ek begin dink aan hoe sentimenteel die liedjie kan wees vir iemand wat verlang. Toe kry ek ‘n idee in my kop van ‘n vrou wat haar man waarvoor sy eintlik baie lief is verneuk en toordery probeer gebruik sodat haar man nie van haar egbreek moet uitvind nie. Toe skep ek Leslie Dominic. En Dita.

Julle sal sien elke keer wanneer Dita praat is die woord ordes snaaks want haar moedertaal is nie Afrikaans nie. Ek het gedink aan hoe my Engelse aangetroude familie praat en haar spraak patroon is daarop geinspireer. Sy meng ook baie Engels in haar sinne. Ek het ook Romany/Sigeuner/Gypsy kultuur en woorde opgeleer en sy is losweg gebaseer op van my navorsing. Die ritueel is sommer ‘n opgemaakte een vir storie doeleindes en die woorde is in Romany.

In die proses van die storie se skryf het my rekenaar gebreek te dankie aan ‘n donderstorm. Ons het hom laat regmaak, daarna was ek siek, en toe ek beter is het ‘n ruk gerus en die storie laat marineer in my brein. Toe het ek aan en af aan dit geskryf. Die storie is uiteindelik klaar en ja, dit eindig met die woord Swart. Want die prys van egbreek is altyd donker en swart. Iemand kry altyd seer.

Dinge wat my geinspireer het om Die Prys van Vergifnis te skryf: Castle Rock se eerste seisoen (t.v Reeks geinspireer deur Stephen King se karakters), Otis Redding se ‘These Arms of Mine’ (wat ek elke keer geluister het wanneer ek geskryf het vir atmosfeer), die Koraal Bome van Magalieskruin (wat ek elke keer sien wanneer ek winkels toe gaan en die musiek van The Cure.

Die Prys van Verginis reflekteer in geen opsig my geloof of wat ek glo nie, maar ek wou ‘n storie skryf met morele lesse, dat egbreuk altyd ‘n prys het en dat mens nie probleme kan ‘wegtoor’ nie. Probleme moet natuurlik uitgesorteer word, daar bestaan nie iets soos ‘n ‘quick fix’ nie. Ook, dat mens nie lyne moet oortree van goed wat jy nie verstaan nie. Punt.

Geen karakters in my storie bestaan nie, behalwe in my brein. Alles hierin is fiktief behalwe die liedjie ‘These arms of Mine’ deur Otis Redding. Enige ooreenkomstige met werklike persone of gebeurtenisse is totaal per toeval. Hoop julle het die storie geniet.

Groetnis,

Wolfie

Mei 25, 2019

Advertisements