Ek het by Toortsie se blog gaan kuier en sy het ‘n opstel blog gehad en ek het besluit om haar te andwoord. Haar vrae is in bold. Hier is haar oorspronklike blog opstel uitdaging.

Ek vra die vrae en jy beantwoord dit, skryf die antwoorde neer en gebruik dit as basis vir jou opstel.

Dink jy ‘n lewe sonder tegnologie is vandag moontlik? Ja/Nee. Hoekom/Hoekom nie?

Dit is moontlik want daar is nog baie huise en plekke waar mense min of geen toegang het tot tegnologie nie. Maar ek weet vir seker dat mens tegnologie nodig het. Waar ek bly is ‘n Kleuterskool onderwyseres en die internet help haar met navorsing vir lesse wat sy die kinders moet aanbied. Maar ek weet ook vir seker dat tegnologie ‘n pyn is. Meeste mense is te bedwelm deur chats en whatsapps en kommunikeer nie meer met mekaar nie. En te danke aan al die lols, brbs en al die afkortings wat hulle in chats tik, vergget hulle om woorde korrek te spel. Bietjie word deesdae biekie gespel en elke keer as ek Afrikaans so sien verkrag word wil ek ‘n bollie los in my broek.

Beskryf hoe tegnologie elke faset van ons lewens oorgeneem: Rekenaars, bankwese, internet, sekuriteit, koop en verkoop, selfone, stoof, yskas, alles werk met tegnologie.

Ek haat dat rekenaars ons bankwese oorneem. Ek ken te veel mense wat nie rekenaar geletterd is nie en dan moet ek hulle help op hulle FNB apps op hulle fone en rakenaars. EK wil nie mense se geld besigheid op ‘passwords’ weet nie. Dit is iets persoonliks en haat dit om daardie deel van privaateid deel van te wees. Die internet is my brood en botter. Ek skryf artikels vir ‘n vermaaklikheids webwerf en in ‘n land waar werk baie skaars is vir die minderheids groep waarin ek my bevind, het die internet my gered. Tegnologie is deel van my lewe. 90% daarvan. Sommige van dit irreteer my en sommige is ‘n seën vir my.

Dink jy daar is nog plekke in die wêreld wat heeltemal sonder tegnologie klaarkom? Dalk diep in Afrika? Hoe kom daardie mense reg? Hoe oorleef hulle?

Wel, vir eeue het ons voorvaders sonder tegnologie geleef en ons is nog hier. Ek het respek vir kulture waar tegnologie ‘n luukse is en iets so simpel soos ‘n groeilamp nie tot hulle beskikking is nie. Ek dink op ‘n sekere vlak is hulle bevoorreg. Mense het nog tyd om met mekaar te praat en leef nie verby mekaar nie.

Hoe sal jy vir jou ‘n wêreld sonder tegnologie voorstel? Hoe sal jy oorleef? Is dit moontlik in vandag se tye? Wat sal jy doen om, sonder tegnologie, die lewe vir jou te probeer leefbaar maak?

As my werk sonder tegnologie is sal ek werkloos wees. Ek sal nie musiek kan luister nie (ek sal darem my mondfluitjie speel), maar ek dink nie ek sal kan oorleef nie. Sonder internet kan ek nie werk nie, dus sal ek nie kan kos koop ensovoorts nie. Om dit te kan oorleef sal ek seker maar moet begin boer met hoenders of patata en goete begin plant. Ek kan ndarem my hond aan die lewe hou so daar is hoop vir hoender boer, maar elke plant wat ek probeer plant sterf want ek het nie groen vingers nie…

Gestel die tegnologiebom bars en dit val heeltemal in duie, wat dink jy, sal dan gebeur? Is dit moontlik dat dit in duie kan stort?

Ja en nee. Kyk sommige tegnologie is al hier vir eeue. Windpompe, byvoorbeeld, is ‘n tegnologie wat sonder elektrisiteit kan werk. Ons is ‘n land vol van mense wat goed is met hulle hande werk (my familie is vrot van hulle) en soms in krisisse kom daar goeie mense te verskyn wat ander mense help. Die mens is verskriklik sleg maar ook verskriklik goed. Ek glo as die tegnologiebom bas sal ons deur dit kom.

Met internetskelms wat net al hoe gevaarliker en aggressief raak, hoe kan ons onsself beveilig daarteen, of, hoe kan ons minder afhanklik van tegnologie raak?

Sorg dat jy Firewalls en anti-virus programme op jou internet het. Kry ook programme wat webwerwe met gevaarlike goet soos malware, worms en sulke dinge kan uitsnuif en jou keer om in dioe webwerwe in te gaan.

Daarsy, Toortsie. Ek het dit sommer vinnig afgerammel. Dankie vir die lekker uitdaging.