dag sonder blomme
dag sonder blomme

‘n dag sonder blomme
maar
dis net

omdat lente wag soos ‘n bruid
om haar sluier te lig
omdat die water wag
vir die son
om hulle op te tel

dan sal hulle val
soos vreugtrane

‘n dag sonder blomme
is net ‘n dag van wag
tot more kleure bring

(c) 2019 allen wolfie simpson