die oggend

die oggend,
roep die hadedas by my venster
lig kruip in
‘n nuwe dag sug wakker

die oggend,
is stank van somer hitte
op my vel
ek mis winter

die oggend,
is daar wolke orals
en in my
‘n droom van reën

(c) 2019 allen wolfie simpson
281219