Buite, waar ek in gemaskerde stilte beweeg tussen lewende dooies…

iemand nies en sommige mense kry verskrikte kyke op hulle gesigte…

ek sug ek is buite in die ander tronk( voor ek myself weer opsluit terwille van gesondheid)

Daar is ‘n regte buite…

in die regte buite, ruik die lug vars

in die regte buite is geen geraas

(maar in die ander buite tussen winkels en maskers is daar vrees maar snaaks genoeg nie in my nie)

ek is kalm

wat moet gebeur sal gebeur (die geheim van die lewe is ons het geen beheer)

binne en buite kan ons maar net kalm bly

wat moet gebeur sal gebeur (en dis okei met my)

(c) 2020 Allen Wolfie Simpson

Foto geneem by Kolonnade op ‘n inkopie-lopie tydens die COVID-19 LOckup