my gisters het verdwaal agter maskers
‘n wêreld geskep waar alles toe gesluit is
en almal is bang, op ‘n mikroskopiese vlak
almal is gyselaars
waar daar nie rook is nie
is daar nie vuurtjies nie
net koue hongernaalde
en nikotiendrome

bang onderwysers gee klas uit bang koue huise
en skole brand af.
Selah.

(c) 2020 Allen Wolfie Simpson
geskrywe op dag 55