Soek

wolfshadowwhispers

'n venster na 'n ander wêreld

Category

Pelgrims Tog

Wat is ‘n perd sonder ‘n naam?

Die liedjie ‘Horse with no Name’ deur America is oud. Hoe weet ek dit is oud? Want dit het ‘n paar maande voor my geboorte uit gekom. Baie mense interpreteer die liedjie op hulle eie manier en ek was lus om my spin op die lirieke te gee. Ons kyk eers na my spin op die liedjie, dan deel ek die liedjie met julle. Lees voort “Wat is ‘n perd sonder ‘n naam?”

Die kerke van Swartruggens

Totsiens

 

Hoe sê mens totsiens… Totsiens is soms koebaai en soms ‘n ewige vaarwel. Ek onthou hoe ek en jy en Hanneliese by die lapa buite jou kombuis gesit het en gesels het oor kuns, Godsdiens, oor die voëltjies wat in jou tuin kom eet, die luislang wat jy gered het of die padda was in jou kombuis kom nesmaak het. Ek onthou hoe jy enige iets onder die son oor kon praat, die stories van jou dae as kunsstudent, die trou van jou en jou man, hoe jy gestraal het as jy van jou pragtige kinders gepraat het. Lees voort “Totsiens”

Pelgrimstog 2 Swartruggens: die koëelgat in die venster

Ons is nog nie klaar met die murasie wat ek gister met julle gedeel het nie. Die atmosfeer by daardie huis was ongelooflik. Daar was ‘n donker misterieuse stilte en ‘n ‘onderlaag’ skrikkerigheid en toe vind ek en Hanneliese iets wat ons hoendervleis gegee het….

Hier is die venster
Hier is die venster

Lees voort “Pelgrimstog 2 Swartruggens: die koëelgat in die venster”

Pelgrimstog 2 Swartruggens se Murasies

Swartruggens, ‘n klein plaas dorpie in Noord Wes Provinsie, gemaak en half laatstaan in 1875. Die dorp is 69 km van Zeerust af, 56 Km wes van Rustenburg en 34 km Noord-wes van Koster. Die dorpie kry sy naam ‘Swartruggens’ van ‘n reeks koppies af in die area en was voorheen ‘Zwartruggens’ genoem.

'n pragtige herehuis
‘n pragtige herehuis

Lees voort “Pelgrimstog 2 Swartruggens se Murasies”

Predators Rock Bush Lodge

Hanneliese deel ons avontuur by Predator’s Rock en ek moet dit met julle deel. Lees gerus haar deel van die storie hier

Hanneliesebredell07's Blog

Die tuiste van verskeie soorte roofdiere is geleë te Shylock 30, tussen Rustenburg en Swartruggens, op die N4 Bakewena hoofweg.

image

                                                                         Indrukwekkende verwelkoming wat ons gehad het!!

Tans kan die Lodge slegs deur afspraak of per uitnodiging besoek word. Daar is oornag fasiliteite beskikbaar. Die eienaar is besig met die beplanning om die Lodge uit te brei, sodat dit daagliks vir dag besoekers oop sal wees met verskeie ontspannings geriewe en dan ook die Dieretuin waar hoofsaaklik roofdiere besigtig kan word.

image

                                                             Die diere beweeg vry rond in lekker groot afgekampte ruimtes

image

                                   Bykans al die diere is per bottel hans grootgemaak deur die eienaar en is baie vertroud met hom

image

Sommige van die leeus het baie verwaarloos daar aangekom en het gedy onder die sorg van die eienaar en sy helpers

image

Die eienaar moes eers die katte se temperament tydens ons besoek toets voordat ons naby aan die…

View original post 150 more words

Pelgrimstog 2 – en wanneer ‘n leeu die wolf lek

Net gister het ek met julle gedeel oor hoe ‘n tier my gelek het. (Lees hier: http://bit.ly/Wanneer-n-tier-die-wolf-lek). Vandag wys ek vir julle hoe ‘n leeu my gelek het.

'n Leeu en 'n Tier
‘n Leeu en ‘n Tier

Eers wil ek julle van DIE Leeu en tier vertel. Ons gidse het ons na die hok gebring en ons die leeu en ier gewys. Hulle is beide onder ‘n jaar oud en is saam gesit in ‘n soort van ‘kleuterskool-hok.’. Die twee is dik vriende en dit was so oulik om die twee kat spesies saam te sien speel, twee kat spesies van twee veskillende kontinente! Wanneer hulle oud genoeg is gaan die leeu na ‘n leeu hok en die tier na ‘n tier hok. Lees voort “Pelgrimstog 2 – en wanneer ‘n leeu die wolf lek”

Kaya Inkuni

Hanneliese deel haar weergawe van hoe lekker ons vakansie was by Kaya Inkuni. Ek moet se ek mis die plek al klaar

Hanneliesebredell07's Blog

Om een te wees met Moeder Natuur, Haar stemme te ervaar en jou oor te gee aan die rustigheid wat Sy skep, is Kaya Inkuni die perfekte keuse. Wolfie en ek het ons verblyf hier so baie geniet, want ons kon net ontspan en vergeet van ons daaglikse roetine en pligte wat ons lewens so rigied maak.

image

Peet en Laetitia Oosthuizen, eienaars van die wildsplaas het ons op ons gemak en tuis laat voel. Hulle is voorwaar daarop ingestel om die natuur en hul gaste te omhels met spontane persoonlike, hartlike en vriendelike sorg. Hul belangstelling in hul gaste se gemak is opmerklik.

image

Ons het ons verlustig in die verskillende geluide van 300 voël spesies. Daar woon verskeie boksoorte op die plaas onder andere Blou Wildebeeste, Koedoes, Rooi Hartbeeste, Steenbokkies, Duikers, Blesbokke, Zebras  en ook Vlakvarke. Snags kon ons Jakkalse hoor roep.

image

Die woonplekke is smaakvol en gerieflik ingerig met…

View original post 293 more words

Pelgrimstog 2 – Wanneer ‘n tier die wolf lek

Pragtige Tiere
Pragtige Tiere

Gedurende my en Hanneliese se tydjie weg, toe ons by Kaya Inkuni gebly het, het Laetitia gereël dat ons die Predators Rock Bush Lodge & Zoo besoek. Die plek het mak wilde diere asook ‘n ‘predator park’ op hulle perseel. Ons het stil gehou en twee pragtige tiere het ons gegroet by die perseel se restaurant. Toemaar hulle was in hulle hok. (Sien Foto bo). Lees voort “Pelgrimstog 2 – Wanneer ‘n tier die wolf lek”

Pelgrimstog 2 – Wolfie se Glühwein resep

Kaya Inkuni se kroeg
Kaya Inkuni se kroeg

Op die toweragtige jagplaas Kaya Inkuni het ons op die pragtige kroeg afgekom by die swembad. Lees voort “Pelgrimstog 2 – Wolfie se Glühwein resep”

Pelgrimstog 2 – Die bosveld bad

ek en Hanneliese het by die pragtige Game lodge Kaya Inkuni gaan vakansie hou vir sewe dae. Een van die oulikste goed wat ons daar tee gekom het was ‘n ‘bosveld bad’. “n pagtige boom was die dak bo jou en die badkamer mure was ‘n pragtige ontwerp in skarkerings van adobe en khaki. Hanneliese het my dadelik beveel om te poseer vir fotos en dit was pret. Hier is ‘n paar fotos geneem by die buitebad met ‘n paar interessante aanhalings van bekende mense.

"A woodland in full color is awesome as a forest fire, in magnitude at least, but a single tree is like a dancing tongue of flame to warm the heart." Hal Borland
“A woodland in full color is awesome as a forest fire, in magnitude at least, but a single tree is like a dancing tongue of flame to warm the heart.” Hal Borland
"There are times when I have to take, I call it a 'silence bath,' where I shut off all of the external gadgets. I go walk around, talk to people, and just live life for a while." Patton Oswalt
“There are times when I have to take, I call it a ‘silence bath,’ where I shut off all of the external gadgets. I go walk around, talk to people, and just live life for a while.” Patton Oswalt
"Talent is a flame. Genius is a fire." Bernard Williams
“Talent is a flame. Genius is a fire.” Bernard Williams
"Everything is a miracle. It is a miracle that one does not dissolve in one's bath like a lump of sugar." Pablo Picasso
“Everything is a miracle. It is a miracle that one does not dissolve in one’s bath like a lump of sugar.” Pablo Picasso
"I eat pots of honey everywhere I go. I like anything sugary. And baths. I spend five hours in the bath. I eat in the bath." Suki Waterhouse
“I eat pots of honey everywhere I go. I like anything sugary. And baths. I spend five hours in the bath. I eat in the bath.” Suki Waterhouse

Later vandag gaan ek ‘n resep deel wat baie interessant is so skakel later weer in. Lees ook gerus my gedig ‘Salig” wat ek daardie aand geskryf het. Lees dit hier: https://wolfshadowwispers.wordpress.com/2016/07/07/salig/

(c) 2016 allen simpson

Fotos deur Hanneliese Bredell, Foto ontwerp deur Wolfie

Create a free website or blog at WordPress.com.

Up ↑