Soek

wolfshadowwhispers

'n venster na 'n ander wêreld

Kategorie

Die Prys Van Vergifnis

Die Prys van Vergifnis Deel 3

Die Prys van Vergifnis
Die Prys van Vergifnis

Welkom by my storie Die Prys van Vergifnis, my eerste reeks verhaal in Afrikaans op my blog. Hierdie is deel 3. Vind Deel 1 hier. en Vind Deel 2 hier. . Dit is die einde van my storie. Gaan Lesley die regte ding doen en die tower kuur vir vergifnis los of gaan sy die donker pad kies. Lees gerus en vind uit. Ek hoop julle geniet dit. Lekker lees.

(3)

Sy stap uit die badkamer en merk op dat die sit-en-slaap area nou anderste lyk. Die bruin tafel is oortrek met ‘n wit doek. Die Tarot kaarte is gebêre maar die groot skulp met kristalle is nog op die tafel. Daar is ‘n wierook-houer gekerf uit hout in die vorm van ‘n olifant en 3 stokkies wierook wat brand daarin. Weer ruik sy magnolia en laventel en ‘n ander krui wat brand, miskien sandalwood…of salie. ‘n Silwer mes lê op die tafel langs ‘n wit blaker met ‘n wit kers. Dita sit aan die een kant van die tafel. Continue reading “Die Prys van Vergifnis Deel 3”

Advertisements

Die Prys Van Vergifnis Deel 2

Die Prys Van Vergifnis
Die Prys Van Vergifnis

Welkom by my storie Die Prys van Vergifnis, my eerste reeks verhaal in Afrikaans op my blog. Hierdie is deel 2. Vind Deel 1 hier. Neem kennis dat my karakter Dita, nie Afrikaans is nie, dus het ek haar sin ordes en taal aangepas om by haar karakter te pas. Ek hoop julle geniet dit. Lekker lees.

Die Prys van Vergifnis deur Allen Wolfie Simpson

(2)

Een oomblik”, sê ‘n vroue stem in Afrikaans met ‘n swaar aksent. Lesley probeer die aksent plaas, maar kan nie. Sy hoor voetstappe en die deur maak oop.

In die deur staan ‘n vrou, Sy is mooi gebou en het pragtige lang swart gekleurde hare wat haar seeblou oë komplimenteer. Sy het ’n blou denim aan en ‘n swart bloes met wit lelies geborduur op die linker bors. Haar vel is ‘n pragtige blas kleur wat, Lesley besef, min son sien. Pragtige hande met lang vingers, skoon lang naels. Een van die hande reik uit na Lesley.

Ek is Dita” sê die vrou. Lesley neem haar hand en skud liggies.

Noem my Lesley.”

Dita draai om, wink Lesley binne. Lesley volg haar. Continue reading “Die Prys Van Vergifnis Deel 2”

Die Prys van Vergifnis Deel 1

 

Die Prys van Vergifnis

Die Prys van Vergifnis

Welkom by my storie Die Prys van Vergifnis, my eerste reeks verhaal in Afrikaans op my blog. Ek hoop julle geniet dit. Lekker lees.

Die Prys van Vergifnis deur Allen Wolfie Simpson

(1)

Lesley Dominic sien eers die Koraal Boom. Vir haar is die pragtige boom asof sy vlamrooi blomme soos vuurtonge is, en die Koraal Boom se takke reik uit na die lug in smeking om nie dood te brand nie. “Dis ek,” dink sy sugtend. “Ek verdien om te brand vir dit wat ek gedoen het – aan Ben…” Continue reading “Die Prys van Vergifnis Deel 1”

Powered by WordPress.com.

Up ↑