Soek

wolfshadowwhispers

'n venster na 'n ander wêreld

Category

Wolfpraatjies

Afrikaans is (vir almal)

Afrikaans is vir almal, en terwyl ek hier in my siekbed die pad na gesondwees toe rus dink ek aan die musiek van my kinderdae… Ek onthou hoe daar ‘n tv program was waar sangers gewys is wat in ouetehuise vir bejaardes gaan sing het, ek onthou hoe sangers op die Jakaranda-pers omringde Kerkplein gaan sing het by die Jakarandafees, Lucas Maree met sy pragtige lang hare by die Sammy Marks Museum op Rayton, Koos Kombuis by Oppikoppi….  Continue reading “Afrikaans is (vir almal)”

Advertisements

Ek moet julle waarsku: Belangrik!!!

Kort-kort hoor ons van plaasmoorde en ons fokus net daarop, maar besef julle dat in die stede is daar iets erger dalk aan die gang? Ek wou al van Desember af hieroor skryf maar het nie die krag gehad nie omdat, soos julle weet, ek deur hel gegaan het. Continue reading “Ek moet julle waarsku: Belangrik!!!”

Water idioot

Met die water tekort in die Kaap (en Kaapstad wat volgens ‘n lid in die parlement mos nie deel is van Suid-Afrika is nie) het daar water idiote uit gekruip. Kort-kort is daar ‘n idiotiese grap wat iemand op whatsapp aanstuur, en soms lag mens seker, maar as jy soos ek in ‘n woonstel blok gebly het waar die huisbak nie gewerk het nie en daar geen water vir weke was nie, wil jy nie eintlik lag nie. ‘n tekort aan water is fokken aaklig. Continue reading “Water idioot”

Waar is die wolf in die verhaal

Dit lyk soos een van Net EK se ‘Random Gedagtes’ maar hier is dit…

Waar is die wolf? Ons het lanklaas van hom gehoor? Continue reading “Waar is die wolf in die verhaal”

Hoekom?

So ek was weg? Hoekom? Continue reading “Hoekom?”

Sondige gedagtes

1508539087679-1684966039

Dis 12:41 net na middernag… ek tik vir julle op my foon want my rekenaar is steeds op die koffie en die mense wat dit reg maak het gesê ek kry dit of vandag (wat ob-wie-is nie gebeur het nie) of Maandag. Intussen kry ek sondige gedagtes wat woorde soos fok en bliksem bevat. Want ek het myself beloof om nooit weer tv nuus te kyk nie en die afgelope week het ek. En in die nuus was die storie van die 52jarige sekerheids wag wat 70 of 80 meisies in die skool waar hy werk gemolesteer het. En ek kry sondige gedagtes van hoe ek wens ek kan hom goed bliksem, en sondige gedagtes dat ons alle pedofiele en verkragters summier in ‘n ry moet laat staan en en dood skiet. Dis sondige gedagtes. Dis moord en blybaar is dit ‘n sonde om siek mense dood te wens.

En hoekom kyk ek tv nuus… ek wil net kots as ek dit kyk. Die wêreld is te donker en siek vir my. En fok ek mis my rekenaar want ek mis Holst se planete wat speel tewyl ek gedigte skryf en ek mis my Pink Floyd en The Cure musiek videos en ek mis my werk… ek kan dit nie doen sonder my rekenaar nie. Sug.

Kyrie Eleison… vergewe my want ek is net wolf…

(C) allen wolfie simpson

Ns… vergewe enige spelfoute… ek blameer my selfoon

 

 

 

 

‘n jeuk in my kreatiwiteit

 

Het jy al gejeuk? Nie fisies nie maar geestelik. Iets wil iets vir jou vertel. Dit is soos om op ‘n stasie te staan en vir jou trein te wag. Continue reading “‘n jeuk in my kreatiwiteit”

Eendag was daar ‘n wolf in Fochville

Selfportret
Selfportret

 

Eendag was daar ‘n wolf in Fochville. Hy het met die oë van ‘n 44jarige kom kyk na die hospitaal waar hy gebore is. Hy het kom kyk na die huis waar hy gebly het vir twee jaar as kind toe hy 9 en 10 jaar oud was, toe hy en sy ouers van Glenharvey af getrek het. Continue reading “Eendag was daar ‘n wolf in Fochville”

Tussen engele

 

‘Neem my op vlerke Engel, ek wil soos jy,  op duisend reënboë dans net soos jy’

– Anneli van Rooyen

Iemand het een dag vertel dat as iemand dood gaan word die persoon ‘n engel word. Ek weet nie waar die oningeligte dromer sy kennis vandaan gekry het nie. Daar staan niks in die Bybel oor mense wat engele word nie. Engele is wesens wat in mense kan verander en wat duiwels kan word… dit weet ek. Ek weet ook daar is vertel dat Satan God se mooiste Engel was, maar ander het weer beweer die duiwel het ‘n bokkop… wat is so mooi aan ‘n bokkop? Mense maak mekaar net deurmekaar. Continue reading “Tussen engele”

Wolfie kook Serwiese Boon Bredie


Kyk die Wolf is lief vir eksperimenteer in die kombuis. Nou onslangs het ek ‘n
resep vir Serwiese Boon Bredie ontdek op YouTube en dit het so lekker geklink
dat ek toe besluit het om die resep aan te pak. Die resep bestaan uit 4 fases. Continue reading “Wolfie kook Serwiese Boon Bredie”

Die Pokémon se Gô is nog nie uit nie.

 

Ek en Pokemon loop ‘n lang pad. Sien toe ek jonger was en saam met my vriende hulle klein boeties  of sussies op gepas het was daar ‘n TV reeks oor ‘n outjie genaamd Ash wat die wêreld rond gereis het met oulike diere. Continue reading “Die Pokémon se Gô is nog nie uit nie.”

Powered by WordPress.com.

Up ↑