Soek

wolfshadowwhispers

'n venster na 'n ander wêreld

Tag

Allen Simpson

Onthou wat smelt

Vandag se heelike 13 grade koue hier in Magalieskruin laat my dink aan my skool dae toe ek nog ‘n wolfwelpie was.

Vroeg die oggend het my pa my by die skool afgelaai oppad na sy werk en dan het ek ingesluip in ‘n klaskamer. Dit was stil en ek was (gewoonlik) die eerste kind by die skool.

Laerskool Glenharvie
Laerskool Glenharvie

Continue reading “Onthou wat smelt”

Die wond in my Taal se sy

My Afrikaans
ek het Jou innig lief

ek dink aan Jou kinders
in verre lande
treur Jy, My Taal?

my nefie, plat boer
ver in Perth
het Jou woorde vergeet
sy kinders se:
‘hello mate’

‘goeiemore’ is vergete
weggegooi
en Jy my Taal
in ‘n doringkroon getooi
en hier
die wond in Jou sy
is die toyi-toyi
geduring
dat jy MOET uit…

my Taal,
Jy sal bly
tot hulle Jou
uit my dooie stembande wurg
selfs dan
iewers
is my woorde
in boek
of Kuberruime
vir Jou

laat die oog sien
die oor hoor
ek vir Jou, my Afrikaans…

(c) 2013 allen simpson
vir Estelle Duvenhage
(omdat breyten breytenbach my inspireer het, dankie Estelle)

Staal been

“Ons het in Williston gekuier het, toe ek nog ‘n kind was, nog skool gegaan het, toe kuier ons, my ma en pa en ons ses kinders, by my ouma-hulle in Williston in. My oupa, oupa Theron se pa, die een met die hand. Hy het so vinnig geloop met die kierrie, ook so ‘n kort mannetjie, soos wat oupa Theron was, en daardie tyd het hulle almal mos byname gegee, toe mense almal gepraat van Willem Staalbeen. (Daar gee hulle almal by name, daar was ‘n Stofberg ou, hulle het hom Stofpoepper genoem, want hy is so kort as hy poep trek die stof so, en een plaas se naam was lekkerlê, jong daar was verskriklike name). Continue reading “Staal been”

biljoen van angs

gister kwylasem in die nek
en ruk my vurig in die hede

*

die sluipende krioel van vingers
wat maanligsonate speel oor die rug
dan die lem wat vreesbeloftes gee

die gevoel van lamheid op die rugby paviljoen
en net die woorde
‘sit stil en jy sal nie seer kry’
dan groet die selfoon, die beursie en sommer die blaas
as vrees oorverdowend raas en

‘tel tot honderd en moet nie omkyk nie’
maar honderd word ‘n biljoen van angs
en al los die fokken hond my met my lewe
is my siel (eeue se terapie) gewond

*

eendag is ek dalk gesond…

(c) 2014 allen simpson
gebasseer op ‘n werklikheid en ‘n werklik haat

Beast and Beauty

Beast and Beauty

midnight’s kiss brought forth the beast
beneath it’s obsidian cast he will feast
his bride awaits him to sate his hunger
she knows her beast like her heart

an unearthly shudder falls on the earth
as man in moonlit-transmutation sheds
his human skin, his last sign of human birth

there is an ambient silence when
his shadow appears behind her
she bares her neck to meet his tongue
and his tusk gently scratch her

a moan escape and she speaks his name
soft candles spark and bring forth flame
her beast, her beauty has lost it’s claim
as she becomes but clay lost in taloned hand

their dance now begins…

© 2014 allen simpson
poem and photo

Die Moeder is my skepper (‘n Psalm van Wolfie)

verlore woorde gryp in my gedagtes; as ek
dwaal waar min mense gaan; my siel
uit uit en ver weg; waar
waters waar rus is
waar my siel verkwik word
onder groen sambrele van soetse denneboom
en sagwoud onder my voete
waar ‘n tempel staan
nie gemaak deur die hand van mens
maar deur die geboortepyne van ‘n skepper Moeder

al gaan ek ook deur die vallei van dood en skadu
sal ek nie vrees nie
Sy neem my siel in Haar hande
en neem dit waar sy my kan gebruik
tot in die ewigheid
Die Moeder is my skepper
ek buig net voor Haar
en geen mens nie.

(c) 2014 allen simpson

Maandag Wals

 

iewers huil ‘n kar sirene
doelloos in harmonie
met die koue wind wat
… pluk-pluk aan my kamervenster
die oggendlug is vrank, suur
die uurglas se tyd loop uit
nog ‘n vergaande uur
die sirene sterk
die stiltes wat volg kerf
en tog weet ek
die sirkel breek nooit
dit ‘evolve’ in kettangs
kettangs in die hart
van siele ook vasgevang
in ‘n genadelose wals
bittersoet…
ek mis koffie…

(c) 2012 allen simpson

Perception (That There are things)

"That There are things, and these things ever will be"
“That There are things, and these things ever will be”

a fleeting moment
discarded, lost
a displaced memory
such it is

Night giving up Her mystery
a brief witness
that there are things
and these things there will ever be

the goblin in the solitude
the ghost in the silence
trees becoming skeletons
clawing, reaching for the too-far moon

Night Time grins
as images unfold
warped by imagination

these are the dreams
of those who
understand Night not
as I do…

(c) 2014 allen simpson
written on Sunday June 15th at Viper’s Lair

Leeukloof (wanneer son gaan slaap)

"as dag en nag vinnig trou"
“as dag en nag vinnig trou”

geel bal skyn laaste asem
en violet vervuil die blou
iewers ‘n witborskraai wat groet
as dag en nag vinnig trou

dan in stilte vergeet jy jou asem
en ‘n brokkie son klim in die berg
dan kom aandster skielik uit
en skitter sag in fluister-terg

bosveld word duister
met boom-skimme wat gedagtes tuister
en droewig skree jakkals sy klaag
as winterkou nader kruip

leeu kloof pragtig in jou winter
selfs wanneer son gaan slaap

(c) 2014 allen simpson
geskryf te leeukloof, sondag 15 junie 2014

 

net ‘n nota – ek het aspris ‘tuister’ in plaas van ‘teister’ geskryf in die gedig om te sinspeel op die woord dat dit neskop of ‘tuismaak’ binne jou. As digters kan ons mos woorde skep en ek kon die kans nie laat glip nie 😉

A Storm in Three Parts

Part 1 Coming Storm

We breathe in the fumes
like oxygen
we burn our air
in the ashes, we all fall down
in the wake, of disaster
who is servant?
who is master?
We give the pain
we drown the sane
A storm is coming
the signs are clear…

(c) 2012 allen simpson
dedicated to Sisters of Mercy (the band, not the nuns)

Part 2 The Storm’s Eye

Sitting in the storm’s eye
blaming the butterfly
that flapped it’s wings
a change of winds
in my bubble I am peaceful
but I am not at peace
I am falling to pieces
like that old Patsy Kline song
the answers are gone…

Caught in the storm’s eye
living the lie…

(c) 2012 allen simpson
inspired by Patsy Kline

Part 3 After the Storm

Echoes of what was
and what is now lost again
the storm left all these signs
it was here
and the memories burned
my heart to ashes
my soul to cinders
yet there are rainbows
signs of hope
after the storm

(c) 2014 allen simpson
inspited by Sopor Aeturnus

groen praat

swart en wit is lieg
mens moet alles in groen sien
en waardeer

groen is lewe en skuil
in wilderosyntjie en lantaan
in fransipani en okkerneut
in die moot van kersiebloeisels
wat jou vir ‘n ookblik laat vergeet

rus is lê op groen gras en
wolke tel in hemelblou
groen is asemskep
wat dome en plante ons skep

wees blind vir swart en wit
en onthou
groen is lewe
as jy jou oopmaak
en dit toelaat om jou te omvou
laat groen praat en luister

(c) 2014 allen simpson

groen sal altyd spesiaal vir my wees, al is dit nie my gunsteling kleur nie. Toe ek 6 jaar oud was was ek in ‘n motor ongeluk in Westonaria en was blind vir maande. Die eerste kleur wat ek gesien het toe ek weer kon sien was groen (‘n groen appel en my ma se groen hospitaal gewaad)

Create a free website or blog at WordPress.com.

Up ↑