Soek

wolfshadowwhispers

'n venster na 'n ander wêreld

Sleutelwoord

digter

Wat wil ‘n digter hê?

Wat wil ‘n digter hê?
Roem?
Nee wat, roem bring probleme
Roem gee geboorte soms aan snobisme
Of die arme bekende word mal
Onder die druk
Van genadelose roem.
Continue reading “Wat wil ‘n digter hê?”

Advertisements

Amen

Ek en die digteres, Lizette Snyman
Ek en die digteres, Lizette Snyman

na kookpunt as die somermiddag simmer
en hadeda verwyte die lug in slinger
en die sonbesie stil-stil verdwyn
ek, sigaret en kan-wyn Continue reading “Amen”

Kronieke van sy kronkelstap

Lank lank gelede was daar ‘n kind
Hy het soos ‘n veertjie gedwaal in die wind
Op die vlaktes het hy sy naam gevind
In die huilroep van ‘n nagwolf

Sterre soos edelgesteentes
Het die swartsatynnag volgelê
Vol van beloftes
En die kronkel pad van die melkweg het hom gewink…

Hy het die stories van Die Vloei vertel
Lang nagte sy kronieke gegraveer
Op kubermure dit gegrafitti
En sy kronkel pad geloop
En altyd gehoop

En soms in sy hoop
Is ‘n saadjie geplant
Dit het gerank na die sterre
En saam met hom gesoek na sy drome

Sommige drome is gevind
Sommige drome is gesteel
Sommige drome is gebreek
Sommige drome kom nog
Soos swaar wolke wat reën laat kom
Elke droom ‘n seisoen
En in elke een ‘n klippie
Van die kronkelpad
En altyd is hy die een wat steen vir steen
Sy toekoms ooppak…

(C) 2013 allen simpson

Ja, die gedig oor myself gekryf 3 jaar gelede. Nes skilders sefl portrette doen, doen digters dit soms….

Foto geneem deur die talentvolle Hanneliese Bredell

Nomadies gesproke (Gebed van ‘n digter)

(net lus om die een weer te deel)

20150708_112824

Soos krieke in ‘n fles
is woorde soms gevange
maar ‘n digter is ‘n reisiger
‘n gypsy met wanderlust
so laat ons wandel
so laat ons nomadies gesproke
op kamele klim in die woestyn
tot woorde lek uit flesse
woorde van lewenslesse
en oases optower
in ons harte
‘n stroom word
en die stroom
‘n see op barre grond bring.
Laat ons Go with the Flow
ons innerkind omhels
dit soengroet en sê:
‘wys my, gee my woorde’
Laat ons siele sing…

Amen

(c) 2013 allen simpson
en die wolfie sê: GO with the Flow, always x

Ode vir Karin

Vir haar skryf ek ‘n ode
met die ink van my hart
oor ‘n vriendskap gebore
in woorde, ‘n geskryfde padkaart

In haar strofes is daar pêrels
van ‘n geheime dieper skat
elke vers is vol van haar siel
en nederige suiwer hart

Sy het ons dalk verlaat
maar los ons met soveel
in my hart is baie dankies
dat ek haar as vriend kon leen

Vir my is sy nie weg nie
haar woorde is in my hart
sy bly in elke mooi gedagte
en dit verdryf die seerste smart

En eendag kom weer glo my hart
wanneer almal haar weer sal sien
en ons sal dankie weer sê vir elke woord
want daardeur was sy altyd hier…

(C) 2016 allen simpson
Ter nagedagtenis aan Karin Gentz, pragtige siel en talentvolle digter
ek sê net dankie

Dankie aan haar sussie vir die foto. My hart is met julle. *hugs*

Asylum of Verse Nuus

Kobus Cloete by sy kopie van my boek
Kobus Cloete by sy kopie van my boek

Dankie aan al my lesers op my blog en op Facebook wat my en ALicha se boek Asylum of Verse bestel het. Die wat per pos bestel het, julle boeke is Maandag gepos en sal dalk al more by julle aankom.

Asylum of Verse
Asylum of Verse

Asylum of Verse is ‘n woordspeling op die woorde ‘asylum’ en ‘verse’ bedoelende dat ons as skrywers van die boek, vind ons toevlug, of herberg van die wêreld in die magiese krag en kompleksiteit wat verse (of poësie) is. Enige ander betekenis wat jy as leser ervaar oor ons boek se titel, los ons vir jou verbeelding.

BESTELLINGS EN KOSTE:

Asylum of Verse se koste is R150 (Dis is R110 plus R40 Posgeld) en kan verkry word deur my, Wolfie te email by ookamishadows@gmail.com of deur my op my Facebook te inbox.

Wolfie en Hanneliese van Wadrift tot Zebra Lodge

Hanneliese en ek was die naweek na haar pa se 80ste verjaarsdag viering en het weer mal gegaan met die fotos. Onthou net ons is net amateur fotograwe met foon kameras en ‘n ou digitale kameras so moet geen professionele fotos verwag nie.

Ons het na die funksie weer gaan oorslaap by Viper’s Lair in Zebra Lodge, maar ons fokus vandag op die avontuur te Wadrift.

Die ou pomp het my laat dink aan my Kinderdae in Magoebaskloof waar daar ook ‘n ou diesel pomp gestaan het…

 

Continue reading “Wolfie en Hanneliese van Wadrift tot Zebra Lodge”

My verlange

my verlange is soos ‘n warm vars tuisgebakte brood
wat jy in hompe af breek
smeer met botter
koffie deurweek
en hunkerig eet
soms is my verlange soos dit.

my verlange is soos ‘n veld vol laventel
en jy loop verlore
jou hand raak-raak aan pers reuke
tot jy moeg-lê
en droom
verlange wat ontkiem
wortels skiet
in oseaan groot debiet

bring my terug na jou
ek sterf om jou brood te eet
die leë kol in my siel
te vergeet
gee my die genade van weet,
jy is nog by my…

dis al

(c) 2013 allen simpson

/Aftreksel\\

bitter tong spreek vuur
en rook trek onsigbaar
jou koppie amper leeg
en die tannie se oog trek skeel

geduldig wag die tannie
en ons luister na jou skinder
jou vuursteek tong so bitter

toe jy loop (noem dit voetsek in my hart)
gryp my tannie jou koppie
en tol dit om en om

‘Wat sien tannie in die tee?’
ek vra gedwee

sy spoeg bygelowig,
(drie maal teen die duiwel)
op die stoep vloer

‘Aftreksel, nes ek gedink het, kind,
daai satan is ‘n regte aftreksel’

(c) 2013 allen simpson

soms sal jy aan jou tee geken word

Begeerte as ‘n sonnet

Die blou lug het verander in mooiste grys
en die wind streel deur die blare
en begeerte is ook maar net
om eendag te skryf in ‘n sonnet

en jy is die vlam in my oog
en jy brand in my geheue
‘n reënboog van begeerte om jou te sien
‘n liefde soos ‘n kind se siem-salla-biem

en my mond is droog gedig
my pen se fonteintjie is droog
en jy skuil in die reënboog

en al wat ek weet, ek begeer
om my woorde te kan se, my dear
in my begeerte, as ‘n sonnet…

(c) 2013 allen simpson

My Bosveld verjaarsdag! Deel I

Toe gaan hou ek mos ‘Birfdei’ by Viper’s Lair in die Zebra Lodge oord met my digteres vriendin Hanneliese. (ek met my foun kamera en die fotos lyk maar poefies… ek kan mos nie fotos neem nie). Continue reading “My Bosveld verjaarsdag! Deel I”

Powered by WordPress.com.

Up ↑