Soek

wolfshadowwhispers

'n venster na 'n ander wêreld

Sleutelwoord

gedigte

Bestel jou nuwe Wolfie Bundel nou!

Asylum of Verse is hier!!!!

Asylum of Verse
Asylum of Verse

Resensie:

Asylum of Verse – vir die leser wat diéper en vérder reise wil onderneem, as bloot padlangs te loop…

Wat ‘n briljante kombinassie van twee digters om die verskil tussen lig en donker soos ‘n spieël voor die leser te hou, om net daarin, ‘n eie refleksie te sien van die onuitgesproke; dit waarvoor ons soms bang is om hardop oor te praat…

Tussen Alicha en Allen, word mure letterlik en figuurlik in woorde afgebreek tot ‘n naakte waarheid, soos hulle dit ervaar. Juis in die uniekheid van hulle woorde, word die leser gedwing om déél van ‘n eiesoortige wêreld te word, waar nuwe ontdekkings braakland lê. Die leser word die opsie gegee om sélf te bepaal hoé die woorde in hierdie bundel, sy / haar bestaan inspireer.

Frankly, I am impressed with the beautiful combination of two of our official languages, Afrikaans and English in this book – this too, reflects the balanced relationship between the two writers – moontlikhede hierin, is legio…

Vir diegene wat ‘n verskil soek in norm – is hierdie bundel ‘n moet op enige koffietafel

Welgedaan, Allen en Alicha!

Diërdré Jonker / Digter

Oor die boek:

Asylum of Verse is ‘n woordspeling op die woorde ‘asylum’ en ‘verse’ bedoelende dat ons as skrywers van die boek, vind ons toevlug, of herberg van die wêreld in die magiese krag en kompleksiteit wat verse (of poësie) is. Enige ander betekenis wat jy as leser ervaar oor ons boek se titel, los ons vir jou verbeelding.

Bestellings en Koste:

Asylum of Verse se koste is R150 (Dis is R110 plus R40 Posgeld) en kan verkry word deur Allen te email by ookamishadows@gmail.com of deur hom op sy Facebook te inbox.

Maak jou oop vir ‘n nuwe wêreld in woorde.

Advertisements

Asylum of Verse

12001934_10200842061811990_168741363_o (1)

Die voorblad van my en Alicha Du Plooy se digbundel Asylum of Verse!!!!! Dit is my derde boek en ek kan nie wag dat die eerstes by hulle nuwe base kom nie. Dankie Francois Meyer vir die fantastiese voorblad wat jy geskep het vir ons digbundel!!!!!
Maak julle gereed, Asylum of Verse is so naby julle kan amper die woorde proe!

stille rus

daar fluister in die stilte
‘n augustus wind
en engele hoor alleen die woorde, my kind

daar fluister in die stilte
tussen stene van gister waar daar
lewe was wat lag en dit gee my krag

jou stem het iewers hier verdwaal
in augustus winde het ek die nuus ontvang
daar is net nou stille rus vir jou
met engele wat net rond krap
na al die stukke van ‘n gebroke hart

daar is woorde wat net wil breek
as my stem die woorde wil spreek
erkennings van ek is nog lief vir jou
in augustus lug se wolke koud en grou

al wat daar nou is
is stille rus stille rus

(c) 2015 allen simpson

My derde bundel

Julle was lus vir nog ‘n digbundel deur my en ek is ook lus vir nog ‘n bundel. Die keer het ek en ‘n talentvolle digter saam besluit om ‘n bundel uit te bring. Hou die spasie dop, want nog ‘n bundel is oppad.

Aanhaling – Dag 1

Zeppie het my genomineer vir die uitdaging. Dit werk so as ek reg is:

Plaas vir drie dae na mekaar ‘n aanhaling. Nomineer op dag een 3 persone wat moet saam speel.

Ek dink dit is die enigste reels.

Ek nomineer Hanneliese, Net Ek en Perdebytjie vir die uitdaging, want ek dink hulle is fantasties ❤

Hier is my aanhaling, en ek het ‘n ou gunsteling gekies:

Gewis is alles net 'n grap! Ons speel in die komedie mee geblinddoek met 'n lampfer-lap wat selfs die son 'n skadu gee. ~ Eugene N. Marais
Gewis is alles net ‘n grap!
Ons speel in die komedie mee
geblinddoek met ‘n lampfer-lap
wat selfs die son ‘n skadu gee.
~ Eugene N. Marais

Ek sien uit daarna om my mede-bloggers wat ek gekies het se aanhalings te sien.

N.s Dankie vir Hanneliese vir die foto

Bewakers van Middernag

Bewakers Van Middernag
Bewakers Van Middernag

Poorte

ek wag by jou poorte
lam in die knieg en vol van die belofte
om net met jou en jou alleen
te verkeer
omgaan en omgang
ek en jy
in subtiele ritmiese stiltes
waar net ons hartkloppe en sugte
versteur
waar soet nektar soos Gode ambrosia
vloei

ek wag by jou poorte
neem my hand
na die beloofde land

sonder jou is ek in herfsland
dorre droogtes wat my wil verober
jy is vir my die reën
jou sagte hande soos lentebloeisels
jou tong soos soet gras onder my voete

ek wag by jou poorte
neem my hand
na die beloofde land

(c) 2015 allen simpson
Geinspireer deur The Mission UK se ‘Garden of Delight’ en Zeraphine se ‘Be my rain’

ALLEN EN HANNELIESE – VAN CULLINAN NA NAN HUA DEEL 3 St. Georges Anglican Church

St. Georges Anglican church
St. Georges Anglican church

Die kerkie

Klip tot klip
bloed, sweet
noukierig gemeet
‘n gebou net om te weet
daar is ‘n plek om te bid
‘n geloofsbesit
word volk’s skatkis

hoe lank gaan jy nog staan
as my Moederland agter uit gaan?

(c) 2015 allen simpson
(Die St. Georges Anglican Church was deur die Britse argitek Herbert Baker ontwerp. Dit was gebou in 1904)

kerk 2

Sondeklip
‘Mag die een wat sonder sonde is, die eerste klip gooi…’

die klippie vlieg uit die hand
gegooi oor die diep diep dam
twee keer tref-tref hy die water
tot hy vir ewig sink
maar dink…
daar waar die klippie tref..
besef…
word kringe op die dam gebore
hulle word groter en groter…

ek hou ‘n klip in my hand
met hom kan ek moor
met hom kan ek seer
maar ek verf my klippie wit
met genade waarvoor ek bid…
en iewers word my woorde
omgesit in vlerke
en vlerke word hoop
en kringe word gebore
wat uitreik na my Godin se ore,
en liefde word ‘n wit klippie
op die altaar van haar hart.
‘n sondeklippie sonder sonde
‘n gebedsgeskenk sonder sonde…

‘So Mote it be…’

(c) 2012 allen simpson

kerk 3

Mirror of Stains.

I look in the mirror
between the stains I see,
you are there…
a wingless angel
a beacon of hope amidst the despair…

crow’s feet crown your eyes with wisdom
weathered skin tells of hard paths, walked
Hair grey of silent witness
of how life’s tales unfolded…

distant memories, written in stains
distant visions, distorted remains
old pleasures to haunt the flesh
oh the spirit always willing, I confess…

mirrors never lie
even in stains
perfection is still a lie…
my angel…

(c) 2012 allen Simpson
inspired by ‘Amok’ and ‘O Brother Sleep’ by the band DIARY OF DREAMS.

kerk 4

Koffie kringe

op die hout tafel
die tafel met diep snye
van gisters se vleis kerf
tamaties halveer
en oupa se sigaretbrandkolle
songebak op die agterstoep
wink ‘n duisend koffie kringe
van tye toe ons nog
familievas was
toe ons nog kersdae saam
een-volkig uit volle hart
saam gesing het

nou is daar nie meer nuwe
koffieringe
op die tafel nie
gelukkige gisters
het koffiekolle van onthou geword
wat die knop in die keel
swaar laat afsluk

my volk waar is jou familie?
waar is jou ouers?
waar is jou kinders?
is ‘airtime’ te veel vir liefde…

(c) 2012 allen simpson

(c) 2015 allen simpson
Dankie alweer Hanneliese wat model gespeel het vir my foto

Die Gedig ‘ Mirror of Stains kom uit my eerste bundel ‘Tales From the Flow’

woorde dans

Ek wens ek kon jou neem na donker plekke
waar sigeunerinne genadeloos dans
op die tanaka
beheer deur vioole
soetskimskadus dans teen die mure
en ek wil jou dan bedien
met liefdeskos
die krummels van jou wange afsoen
en in ‘n warrel van woordedanse
my siel aan jou verpand
in die skadus van jou aanraking
my verpletter teen jou
tot ek verrys soos ‘n gees
in die nag uit jou verrys.
Ons sal die nagsterre bewonder
en filosifeer terwyl ons salig
‘n sigaret deel
en in die woorde dans
sal ons harte ineenklop…

maar dis maar net ‘n wens
en die werlikheid bring
my terug…

Jy is net ‘n opblaas pop…

(c) 2012 allen simpson
hehehe ek het nie ‘n opblaas pop nie, maar dis lekker om te joke…

Geinspireer deur die 80s movie Mannequin

My Bosveld Verjaarsdag Deel II

Dit was nog die 25ste, en na my heerlike blouwildebees pastye en coke is ek sumier beveel om op my agter stewe te sit by die braai area en hulle wou my dood luiters nie in die huis toe laat nie en is die een na die ander droogteafwering met ys gevoer, en na die derde ‘ afwering’ (whisky roep hulle my toe om te kom help… Continue reading “My Bosveld Verjaarsdag Deel II”

Skinker

jou donker vervul my
jou lippe voed my
jou stem my ritme
jou arms en my vingerpunte
jy toor my met jou oë
jy vuur my met jou hande
jy verslaan die einas in my
jy maak my hok oop, bevry my

tussen donker en lig
‘n fyn lyntjie op yin-yang gesig
ek is net ‘n gekrapte enamel glas
jy die skinker wat my vul

neem my
breek my
heel my
vertel my
sê ek is dierbaar
verslind my
verbind my

passie is in jou oe
ek, dierasie voel jou skoonlief toor
jy wat fluister in my oor
my muse as ek myself verloor
vind jy my, my reënboog

verwar my
tart my
lei my
wys my waar die vraag lê
want jy’s die enigste andwoord wat ek kan sê

ek is net ‘n stukkende enamel beker
jy die skinker wat my siel verbeter
my hart
klop en
jag soos
‘n wolf in die nag
maar voor
ek jou
kan vang…

…het jy my

(c) 2012 allen simpson
vir Perdita

Powered by WordPress.com.

Up ↑