Soek

wolfshadowwhispers

'n venster na 'n ander wêreld

Tag

lewe

Medisyne vir ‘n af dag

Ons almal ken die gevoel. Jy voel net af. Twee letter woord – Af. Ek voel af en het besluit om iets te deel wat my laat lag.

 

Die brief vol Trane (‘n gedig vir Valentyn)

Besonderhede

Hierdie gedig wat ek nou met julle deel is baie spesiaal vir my, ek het ‘n dig kompetisie in 2013 gewen met hom by Solovlug. Continue reading “Die brief vol Trane (‘n gedig vir Valentyn)”

Die uniekheid van mens wees


Maak jou oë toe vir ‘n oomblik. Verbeel jou jy sien mense van verskillende gelowe en rasse. Verbeel jou jy sien deur hulle velle en jy sien die bloed in hulle are. Verbeel jou dat jou seun of dogter of man of vrou ‘n bloed oortapping nodig het. Verbeel jou ‘n nie-Christen of ‘n anderskleurige as jy se bloed is die enigste wat daardie persoon kan red. Continue reading “Die uniekheid van mens wees”

Orakel in Mampoer

20151024_121555

Aarbei Mampoer sê vir my
as ek haar gaan vra
sal ek die ja-woord kry?
as ek genoeg van jou drink
sal ek dapper word?
want elkekeer as ak haar wil vra
wil my tong my vyhand word…

ek vul my glas al hoe voller
my mind word al hoe doller
more gaan ek dalk ander aarbeie pluk
as my maag draaie maak
en my babelaas my wil insluk…

(c) 2012 allen simpson
na skrif: Dit is ‘n ou gedig, ek was besig om aarbei mampoer en coke te drink toe dink ek die een uit.

Foto deur Hanneliese Bredell

So is dit (skuilklaag)

waarheen wandel mens…
as jy moet skuil agter toe deure?
tronke…
mensgemaakte tronke van vrees
die aande loop soos bloed
in mekaar in…
en die dae gaan verlore
…deur die dag werk jy jou dood
jy giet jou sweet soos emmers in ‘n see…

elke poging om te rus word ‘n poging…
…om nie asem te haal nie…
en in die aande…
in die aande kom die duisternis
nie die duisternis van die nag nie,
maar die duisternis van bang wees
… agter tralies…
gesluit soos ‘n dier…
en die dier…
wil…
uit…

raak jy nie bang nie?
voel jy nie eensaam nie…
daar in jou tralie hok?
voel jy nie eensaam nie…
daar in jou lëe beloftes van veiligheid?
so is dit…
so is dit…

(c) 2012 allen simpson

Ek het die gedig op aanvraag vir ‘n vriendin in die polisie geskrywe ‘n paar jaar gelede

Moenie daai knoppie druk nie….

Die mens is soos ‘n masjien in baie opsigte. In die brein is baie skakels (triggers) wat aan en af skakel met sekere tye. Jou brein skakel die honger-knoppie aan by voorbeeld as jy iets lekker ruik soos ‘n geur wat uit die kombuis uit kom of as jy bang is skakel jou brein ‘n klomp knoppies aan en adrenalien help jou in die oomblik. Continue reading “Moenie daai knoppie druk nie….”

die stadige vervalling

cullinan 131

weemoed hang soos ‘n bosluis aan die bors
stille beswymings oorval in ongenaakte snikke
sal ons stil bly?
sal ons soos lewende dood zombies net staar
terwyl ons stadig gestootskraap word na
die gapende abyss wat liefdevol wink
“kom, sterf in stilte, julle het nie meer stemme nie…”

op die straathoek staan sy en verkoop koeksisters
want sy het niks meer hoop as net dit nie
sy word gevloek
sy wil net ‘n kind vanaand voed

(c) 2013 allen simpson

foto deur Allen Simpson en Hanneliese Bredell

eindverhaal

Die trompette het dit uit basuin
daar was strikke in elke tuin
manne is swart pakke het gesug
en gefluister in die lug:
‘Die einde is naby.’

Daar was vlugsout in die tannies se sakke
melktert is aan almal gegee
vals tande was in, het pragtig geblink
selfs die dorpsdronkies het minder gestink
want die einde was naby

hoor hoe roep elke moeder haar kind
en die stoutste een breek nie eens ‘n wind
die burgermeester is in sy skik
selfs die daggarokers het hulself reggeruk
die einde het gekom

die bus het stadig in gery
met trompette en juig ingelui
een vir een het hulle uit geklim

daar was skielik stilte in die dorp
net dankbaar prewels is gehoor
die jong manne het skielik beheer verloor
daar was trane orals tot in die gehoor

die oorlog was oor

(c) 2013 allen simpson
toe ek klein was kon ek nog onthou hoe drie van my broers van die grensoorlog af terug gekom het… Dit was ‘n groot genade om hulle al drie terug te ontvang

spoorloos

Al ooit op ‘n treinspoor gestaan en skree vir die aankomende trein
en gevoel jy is tussen die bliksemstraal en dooswyn
en skimme van gister dans om jou
en jou hart klop soos die Venda tromme
soos op Saterdae op die plaas

iewers koggel ‘n sonbesie
en die son voel soos ‘n ongenadige ster
wat net wil brand en verslind
– eina oomblikke

Al ooit op ‘n treinspoor gestaan
verlate
in die mis
en koue rippel deur jou

soos ‘n klip
in ‘n dam
en die wal
wil
bars

(c) 2013 allen simpson

Foto kopiereg Allen Simpson en Hanneliese Bredell

dit was ‘n lekker een om te skryf

duisterdans

neem my, bind my met fyn satyn lint
kus my, maak my lewe, as jou marionette
laat my dans soos ‘n sigeunerin
op die neurie van jou hart se klank palet
vlinder my met vingers sag, bring my in die dans
blindoek my, sodat ek in die donker mis kan verlore raak in jou trans
laat ek blindelings voel met my wese dat jy by my is
laat ons tango in die duister van ons liefde

breek die stilte net
met die dromme van die hart
fluister my ‘n minnesang
wat my van plesier verward
maak my dan los, in die woude van jou trans
bring uit in my die dier, wat in duister met jou dans
ons verhoog, net die passie-spel oomblik in tyd
tot ons vuur van genot, net die as word in die wind

(c) 2015 allen simpson

kunswerk van Mirjana Grasser

ek was deur een van my gunsteling bloggers Net Ek gevra om na ‘n klompie kunswerke van die kunstenaar Mirjana Grasser te kyk en ‘n gedig te skryf. Toe skryf ek Duisterdans. Om meer van die prente te sien, kliek hier by die skakel: http://bit.ly/Net_Ek_en_Mirjana

reïnkarnasie

die lewe is ‘n poel water
waar water lelies blom
is jy ‘n padda
of ‘n naaldekoker wat brom?

verandering laat ons reïnkarneer
nuwe horisonne in pastelkleur
as ons net leer beweeg
leer om te groei
want elke boom en plant was eers ‘n saad
van kakiebos na kiaat

reïnkarnasie is ‘n woord
vir sommige tot na die dood
maar ons kan nou reïnkarneer
wat sal ons keer?

steek die vuur aan die brand
feniks
vuur vlieg na ‘n nuwe jy
as jy wil verander
ruspe spin jou kokon van sy

die lewe is ook ‘n poel van ys
as jy stagneer
wil jy nie eerder leer
om uit die kokon te breek
en jou hande juigend uit te steek

feniks vlieg
jou horison wag

(c) 2015 allen simpson

Foto deur Hanneliese Bredell

Create a free website or blog at WordPress.com.

Up ↑